Foto’s: Só lyk SA se nuwe ‘Bachelor’

Marc Brent Buckner (Foto: Verskaf)

M-Net het pas bekendgemaak wie die man is wie se soeke na liefde op televisie gaan afspeel in die tweede seisoen van The Bachelor SA.

Marc Brent Buckner word beskryf as “sag op die oog, volwasse, humoristies, vol energie, slim, avontuurlustig, barmhartig en lief vir reis”.

Buckner is ʼn valutahandelaar en belegger van Kaapstad en besit talle eiendomme. Hy het ʼn passie vir fiksheid en is 36 jaar oud.

“Marc is die soort man wat hart en siel is in alles wat hy doen. Maar wanneer jy daardie glinster in sy oog raaksien en die geleentheid het om ʼn gesprek met hom te voer – oor ʼn wye verskeidenheid onderwerpe, van omgewingskwessies tot motorfietse, sielkunde en gesondheid – is daar net een manier om hom te beskryf: Troumateriaal!” het Landi Lombard, hoof van bemarking by M-Net, ges.

Wanneer Marc nie tyd saam met sy gunstelingmens in die wêreld, sy ma, deurbring nie, is hy óf besig om die ekonomie te ontleed óf om een van sy talle buitemuurse sportsoorte te beoefen.

Snorkel, stap, kajak, valskermspring en om piekniek te hou by ʼn plek met ʼn mooi uitsig tel onder sy gunstelingaktiwiteite.

Marc Brent Buckner (Foto: Facebook)

“Dit is vir hom baie belangrik om vertroue in ʼn verhouding te bou. Om betekenisvolle gesprekke oor ʼn glas wyn te hê en kos te maak saam met sy geliefde is vir Marc waardevol,” het Lombard gesê.

Wanneer Marc sy vrou gevind het, wil hy graag sy eie groentetuin kweek en ʼn gesin begin.

Marc is geen vreemdeling voor die kamera nie omdat hy al sedert 16-jarige ouderdom sy lyf model hou. Hy was ook al in ʼn paar rolprente en musiekvideo’s en was, soos verlede jaar se “Bachelor”, Lee Thompson, op die voorblad van die tydskrif Men’s Health.

“Ek het geen vooropgestelde idees van wie die vrou moet wees [wat ek kies] nie; partykeer werk teenoorgesteldes die beste saam. Ek kan nie wag om gehaltetyd saam met elk van die uiteenlopende groep vroue deur te bring nie,” het Marc gesê.

Enkellopende vroue wat ouer as 21 is, kan hier inskryf om mee te ding om Marc se hart. Inskrywings sluit Woensdag 11 September om middernag.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

wonder ·

Ek lees als en sien die man is 120%. Die dame wat hom gaan kry sal beslis n 100% moet wees.
Al wat pla is, sal hy nog n vrou in sy lewe kan hanteer. Dalk gaan daar n skoonmoeder probleem wees.

VanAfrika ·

@Gert as dit n vrou was het jy nie gegaap nie, los ons vrouens sodat ons kan kyk.

Gaap Kwadraat ·

Ja nee Gert… ek stem 200% saam met jou. Gelukkig verskil smaak… ek is ‘n vrou en glo my daars niks aan die knaap wat my flammetjie aan die brand steek nie.

Ursula ·

Ek het nie die hele berig gelees, maar sjoe dankie vir die fotos Maroela.

Maria ·

Neeeee wat! soek eerder n boerman`met nederig en eenvoudig en baie liefde en man van God dit oorgenoeg.

Iemand ·

Net omdat iemand enkellopend is beteken nie daar is iets fout met hulle nie. Ek het 5 goeie mans vriende enkel is, vir verskillende redes. Hul was almal al in verskillende langtermyn verhoudings. Hul is almal baie slim (wiskundiges, ingeneurs en ‘n vlienier), suksesvol, aantreklik en fantastiese mense. Party van hulle het hul vingers verbrand, ander is net baie kieskeurig en wil seker maak dat hul nie met iemand deurmekaar raak wat nie by hulle pas nie. Die idee dat mens saam iemand anders moet wees om gelukkig te wees is nonsens. Party mense is baie gelukkig op hul eie. Niks fout daarmee nie. Daar is baie goeie mans en vrouens daar buite wat nie saam iemand is nie.

Dorothy ·

Volgens die foto’s lyk hy vir my te sag met ‘n humeur. Die hande te sag en kan glad nie met die hande werk nie. Betaal eder iemand om die werk te doen. Hy is so lief vir sy ma en lyk of sy pa afwesig was. Moet nou net nie weer met die skone geslag se emosies speel nie.

Tien uit Tien ·

Net so Karel.
Die Skynheiligheid van ons samelewing darem.

Maar ek moet net opmerk die borshare is voorwaar pragtig!

GeeNieOmWatEkSeNie ·

Ek is baie gelukkig met my man…
Daardie man gaan nie ‘n plein vaal vroutjies (soos ons) soek nie.
hy wil ten to one ‘n Madonna he. gmf dankie hou maar verby al was ek single.

Anoniem ·

Wonder maar net hoekom het hy nie ‘n vrou / meisie nie…………..
Sulke aantreklike mans is nie gewoonlik alleenlopers nie…

Karien ·

Eye candy…. Full stop. Elke pot het/kry n deksel…. ek sit eerder nog op die rak.

Heidi ·

Agnee toe meisies! Dis n mooi man wat lief is vir sy ma. Baie baie oulik, sal wegraak in daardie oe……….. hoop hy kry sommer n oulike pop.

Linda ·

Pragtige man, die perfekte man waarna enige meisie smag ! n Adam !! Dan is hy boonop welaf, wat n bonus ! Meisies nou is die tyd vir julle om vir die kompetisie in te skryf en hy kan dalk joune word !

VanAfrika ·

Ek gee nie om wat julle sê nie, hy is cute en lekker om na te kyk net jammer ek is 19 jaar ouer as hy anders het ek ingeskryf☺

Linda ·

Baie mans soos hierdie ‘Bachelor’, maak eers n sukses van n loopbaan en koop eiendom ens, en werk aan hul liggame in Gym, voordat hul ernstig begin rondkyk vir n pasmaat. My man was 42 toe ek hom ontmoet het en steeds n alleenloper. Meer as 20 jaar getroud, 3 kinders, ons lewe is n sang !! Ek sou nie so n goeie jonger man ooit kon kry nie !!! Daar was nie ander vroue nie, nie kinders nie, toe hy my vra om te trou was hy net myne gewees. Hy het 3 x grade wat n Meestersgraad insluit, en……Hy is natuurlik ook welaf,……maar ons lewe n normale lewe. dit was moeilik die eerste 3 jaar totdat ons oudste seun gebore was omdat hy ‘pin stripe suits’ ens by top ontwerpers laat maak het, nou koop hy sy klere by Woolworths hahahaha

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.