Foto’s: Só lyk ‘The Bachelorette SA’ se eerste deelnemers

‘The Bachelorette SA’ (Foto: MNet)

Op 11 Februarie om 19:30 op M-Net (kanaal 101) begin Qiniso van Damme se reis om liefde te vind nadat sy dit verlede jaar in Marc Buckner se seisoen van The Bachelor SA nie kon regkry nie.

Hier is die eerste vyf deelnemers wat aan die eerste seisoen van The Bachelorette SA gaan deelneem:

Ruan Meyer (26) besit sy eie konstruksiemaatskappy en is ʼn deeltydse argitektuurstudent. Hy kom oorspronklik van Bloemfontein, maar woon nou in Pretoria.

Ruan Meyer (Foto: MNet)

 

Ten Naidu (36) is ʼn Durbaniet wat vir nege jaar reg oor die wêreld gereis het en 90 lande besoek het. Hy het onlangs teruggekeer na Suid-Afrika om liefde te vind waar hy grootgeword het. Hy is ʼn gekwalifiseerde onderwyser en doen modelwerk in die buiteland.

Ten Naidu (Foto: MNet)

 

Bradley Newton (29) van Johannesburg werk in die bank-en-versekeringsbedryf. Hy is ook ʼn atleet en opgeleide hip-hop-danser.

Bradley Newton (Foto: MNet)

 

Kganya Rapoo (23) kom van Johannesburg en is tans besig met sy klerkskap om ʼn rekeningkundige te word. Terselfdertyd is hy ʼn dosent en ook besig met sy meestersgraad.

Kganya Rapoo (Foto: MNet)

 

Dylan Heneck (29) is ʼn musikant van Kaapstad. Hy is in die VSA gebore, maar woon al sedert 2006 (toe hy 14 was) in Suid-Afrika. Hy het ʼn graad in sakestudies.

Dylan Heneck (Foto: MNet)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Patch ·

Ha-ha-ha…..was nogal my eerste gedagte toe ek deelnemer nr 1 sien… “You know nothing John Snow… LOL!

Anton ·

Kyk eerder die rerun van “Lelik is my offer” of’n Kavalier konsert ????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.