[Foto’s] Só word jong meisie ʼn ou man

Kelsey-Leigh Walker verander in 'n ou man met behulp van grimering (Foto: Bored Panda)

Kelsey-Leigh Walker verander in ‘n ou man met behulp van grimering (Foto: Bored Panda)

Die spreekwoord sê nie verniet “moenie iemand op sy baadjie takseer nie”. ʼn Grimeerkunstenaar van Engeland het mense se monde laat oophang toe hy ʼn jong meisie in ʼn ouer, manlike punk verander het.

Neill Gorton het tydens die Internasionale grimeerkunstenaar handelskou (IMATS) voor ʼn stampvol gehoor in Londen die model Kelsey-Leigh Walker in ʼn onherkenbare man verander met slegs grimering en prostese.

IMATS is ʼn wêreldwye uitstalling wat gehou word in New York, Los Angeles, Londen, Vancouver, Toronto en Sydney. Die doel van die skou is om die grimeerbedryf meer blootstelling te gee en die publiek die geleentheid te gee om te sien hoe sommige ‘bose’ karakters in flieks en reekse werklik geskep word.

Gorton spesialiseer in grimering-prostese wat dikwels in flieks en reekse gebruik word om mense se voorkoms merkwaardig te verander.

Besoek Gorton se webwerf vir meer inligting.

Bron: Bored PandaNeil’s Materials

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Louiss ·

My baas het dieselfde vermoe. Maak mense baie oud, baie vinnig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.