Die spreekwoord sê nie verniet “moenie iemand op sy baadjie takseer nie”. ʼn Grimeerkunstenaar van Engeland het mense se monde laat oophang toe hy ʼn jong meisie in ʼn ouer, manlike punk verander het.
Neill Gorton het tydens die Internasionale grimeerkunstenaar handelskou (IMATS) voor ʼn stampvol gehoor in Londen die model Kelsey-Leigh Walker in ʼn onherkenbare man verander met slegs grimering en prostese.
IMATS is ʼn wêreldwye uitstalling wat gehou word in New York, Los Angeles, Londen, Vancouver, Toronto en Sydney. Die doel van die skou is om die grimeerbedryf meer blootstelling te gee en die publiek die geleentheid te gee om te sien hoe sommige ‘bose’ karakters in flieks en reekse werklik geskep word.
Gorton spesialiseer in grimering-prostese wat dikwels in flieks en reekse gebruik word om mense se voorkoms merkwaardig te verander.
Besoek Gorton se webwerf vir meer inligting.
Bron: Bored Panda, Neil’s Materials
My baas het dieselfde vermoe. Maak mense baie oud, baie vinnig.
Hoe lekker lag ek nou!
Louiss . ek hou van wat jy se . dis baie waar . LOL
Lekker Louiss….jy maak my dag!