Foto’s: Sterre laat koppe draai op Emmy-glanstapyt

Die span agter die reeks “The White Lotus”. (Foto: Frazer Harrison/Getty Images/AFP)

Talle akteurs en aktrises het hul mooiste Sondagpakkies afgestof en aangetrek vir vanjaar se Emmy-toekennings wat op 12 September vanjaar plaasgevind het.

Die rooi tapyt was propvol statige swart pakke, helderkleurige en wye uitskoprokke én vreemde, eksentrieke uitrustings.

Amanda Seyfried, wat met die prys vir beste hoofaktrise in ’n beperkte reeks weggestap het, het in ’n skitterende pienk rok oor die tapyt geloop.

Connie Britton, van The White Lotus, het in pienk die kameras bekoor.

Lisa Ann Walter het in ’n betowerende groen uitskoprok wat mens herinner aan iets uit die verlede tydens die geleentheid gepronk.

Geklee in ’n blou blokrok, het Sarah Paulson opnuut weer die koppe laat draai terwyl sy by die tapyt afgewandel het.

Die Flight Attendant-ster, Kayley Cucuo, het ’n pienk rok, wat kort voor en lank agter is, aangehad.

Sydney Sweeney, van die Euphoria-faam, was in ’n noupassende groen rok geklee.

Suid-Afrika se eie Trevor Noah was ook in ’n netjiese snyerspak op die glanstapyt te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.