Tiaan Langenegger, bekend as sjef en aanbieder van kykNET se gewilde Koekedoor-werklikheidsreeks, is Saterdag met sy verloofde, Nadia Barnard, getroud.
Barnard is ʼn wynmaker van beroep.
Die paartjie het by die Springfontein-wynlandgoed op Stanford in die Wes-Kaap ewig trou aan mekaar beloof.
Langenegger het foto’s van die groot dag op sosiale media gedeel. “Beste dag van my lewe,” het hy by ʼn troufoto op Instagram gekoer. “Getroud met my beste vriendin. Lief vir jou my vrou, Nadia Langenegger.”
Hetta Saunderson, eienaar van M4 Events and Promotions, was ʼn gas by die spogtroue. “Dankie Tiaan en Nadia, dit was ʼn heerlike dag saam met julle. Alles was so spesiaal. Kos en wyn van die beste [sic],” het sy geskryf.
Die paartjie het in Oktober verlede jaar verloof geraak.
Langenegger en sy spanmaat, Mynhardt Joubert, was in 2013 die wenners van die eerste seisoen van Kokkedoor. Hy het al verskeie kosboeke die lig laat sien, waaronder Makietie saam met Joubert, asook Sondagtafel. Hy werk al vir langer as tien jaar as professionele sjef.
Pragtige paartjie! Hope geluk vir jul!!
Baie mooi paartjie. Baie geluk julle.