[Foto’s] Uiteenlopende modekeuses by Emmy-toekennings

nicole-kidman

Nicole Kidman arriveer Sondag tydens vanjaar se Emmy-toekennings op die rooitapyt in Los Angeles. Foto: Richard Shotwell/Invision/AP

Hollywood se blinkste televisiesterre het Sondagaand tydens die 69ste jaarlikse Emmy-toekennings in Kalifornië in die VSA geskitter in uiteenlopende skeppings van die room van die modewêreld.

Helder reënboogkleure en slanke silwer was gunstelinge onder die sterre. Diep wynrooi was ook ʼn gunstelingkeuse vir aktrises soos Nicole Kidman, Heidi Klum en Yvonne Strahovski van The Handmaid’s Tale. Aanbieder Issa Rae het uitgeblink in ʼn Vera Wang-eenskouer-uitrusting.

Swart klassieke gewade, altyd ʼn topkeuse vir die Emmy-toekennings se glanstapyt, is vanjaar deur aktrises soos Susan Sarandon en Judith Light gedra. Lily Tomlin het ʼn swart broekpak gekies. Rachel Bloom van Crazy Ex-Girlfriend-faam het haar swart Gucci-nommer self aangeskaf. “Ek kan dit altyd weer herverkoop,” het sy geskerts.

Die mans het ook gesorg vir mode-opslae. Die This is us-ster Chris Sullivan het ʼn keil en kierie as bykomstighede vir sy snyerspak gekies. Ron Cephas Jones het ʼn wit snyerspak gekies, terwyl Caleb McLaughlin van Stranger Things die glanstapyt in ʼn pers snyerspak aangedurf het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Arsène Lupin ·

Ag nee regtig! Heidi Klum lyk so tangerig – nee wat, ons vroue baie mooier, en baie beter smaak in klere.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.