Hollywood se blinkste televisiesterre het Sondagaand tydens die 69ste jaarlikse Emmy-toekennings in Kalifornië in die VSA geskitter in uiteenlopende skeppings van die room van die modewêreld.
Helder reënboogkleure en slanke silwer was gunstelinge onder die sterre. Diep wynrooi was ook ʼn gunstelingkeuse vir aktrises soos Nicole Kidman, Heidi Klum en Yvonne Strahovski van The Handmaid’s Tale. Aanbieder Issa Rae het uitgeblink in ʼn Vera Wang-eenskouer-uitrusting.
Swart klassieke gewade, altyd ʼn topkeuse vir die Emmy-toekennings se glanstapyt, is vanjaar deur aktrises soos Susan Sarandon en Judith Light gedra. Lily Tomlin het ʼn swart broekpak gekies. Rachel Bloom van Crazy Ex-Girlfriend-faam het haar swart Gucci-nommer self aangeskaf. “Ek kan dit altyd weer herverkoop,” het sy geskerts.
Die mans het ook gesorg vir mode-opslae. Die This is us-ster Chris Sullivan het ʼn keil en kierie as bykomstighede vir sy snyerspak gekies. Ron Cephas Jones het ʼn wit snyerspak gekies, terwyl Caleb McLaughlin van Stranger Things die glanstapyt in ʼn pers snyerspak aangedurf het.
Gaap !
Ag nee regtig! Heidi Klum lyk so tangerig – nee wat, ons vroue baie mooier, en baie beter smaak in klere.
Pragtige Nicole Kidman! !