
Boer Nelis van die Vaal Marina in Gauteng klink ‘n glasie saam met Margot, Esmérelda en Steffeni. (Foto: Verskaf)
Nadat die boere- en vrouedeelnemers aan die 14de seisoen van die kykNET-maatsoekreeks Boer soek ‘n vrou flikkers vir mekaar gegooi het in die vorige twee episodes, het elke boer se gekose drie vroue uiteindelik op die onderskeie plase aangekom.
Boere Tyson, Nelis, Willem, Johan en Petré het elkeen gesorg dat die vroue met die intrapslag behoorlik bederf word. Nie net het elke boer gesorg vir ʼn stel pantoffels, reënstewels of egte leervellies vir elke vrou nie, maar het elkeen van hulle ook ʼn skattige sagte speelding en ʼn hele mandjie vol velsorgprodukte gekry om hulle te laat welkom voel op die plaas.
Die vroue het ook op die onderskeie plase die geleentheid gekry om die boere beter te leer ken. Tyson, Nelis, Johan en Petré het die vroue touwys gemaak in die kuns van trekkerbestuur en plantmasjien ry terwyl Willem gekyk het wat in sy vroue steek deur hulle te laat skape vang.
Ná ʼn lang eerste dag op die plaas het die vroue saam met die boere in die kombuis gewerskaf en kosgemaak.
Die boere is egter nog geheimsinnig oor hulle gevoelens vir die vroue en hulle is dit eens dat daar nog nie ʼn enkele vrou is wat vir hulle uitstaan nie.
“Hulle is almal vir my oulik en ek vind hulle almal aantreklik,” het Johan met ʼn vonkel in die oog gesê.
- Tyson wys vir Marciel Hopkins, aanbieder van die program, die kamers en geskenkpakke wat hy vir die vroue gereed gekry het. (Foto: Verskaf)
- Annelle, Chantelle en Alri gesels op Tyson se plaas. (Foto: Verskaf)
- Tyson het vir Annelle, Chantelle en Alri touwys gemaak op die plaas. (Foto: Verskaf)
- Tyson het ‘n vraelys opgestel om die vroue se algemene kennis oor homself te toets om te bepaal wie kry watter kamer. Chantelle het die meeste oor Tyson geweet. (Foto: Verskaf)
- Petré. (Foto: Verskaf)
- Petré verdeel Bu-Anda, Eloise en Lourize se kamers. (Foto: Verskaf)
- Petré maak vir Lourize touwys op die plaas. “Jy moet mooi ry, ek het ‘n kind om na te kyk,” het hy geskerts met sy hond op sy skoot. (Foto: Verskaf)
- Petré klink ‘n glasie saam met Lourize, Eloise en Bu-Anda. (Foto: Verskaf)
- Willem wys vir Marciel sy vroue se kamers op sy plaas op Philippolis. (Foto: Verskaf)
- Willem stap saam met Nicolene, Chantel en Sonja op die plaas. (Foto: Verskaf)
- Willem maak die vroue touwys met skape-vang. (Foto: Verskaf)
- Nicolene, Chantel en Sonja kuier op Willem se plaas. (Foto: Verskaf)
- Johan wys vir Marciel die geskenke wat hy vir die vroue gekoop het. (Foto: Verskaf)
- Een van die kamers wat Johan op sy plaas op Marquard ingerig het. (Foto: Verskaf)
- Johan en sy drie vroue verdeel hulle kamers. (Foto: Verskaf)
- Johan se drie vroue kuier op sy plaas. (Foto: Verskaf)
- Nelis kuier saam met Steffeni, Esmérelda en Margot. (Foto: Verskaf)
- Margot trek ‘n kamernommer uit ‘n hoed op Nelis se plaas. (Foto: Verskaf)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Ek geniet nog altyd BSV.