Foto’s: Wenners van 70ste Emmy-toekennings bekend

Claire Foy. Foto: REUTERS/Mike Blake

Die gesogte Emmy-toekennings wat die room van die televisiebedryf vereer, is Maandagaand uitgedeel.

Dié toekennings is vanjaar vir die 70ste keer uitgedeel. Reekse soos Game of Thrones, The Marvelous Mrs. Maisel, The Americans, The Assassination of Gianni Versace: American Crime Story, Westworld, The Handmaid’s Tale en The Crown het met die groot pryse weggestap.

Game of Thrones het twee van die grootste toekennings gewen, naamlik beste dramareeks en beste mansbyspeler in ʼn dramareeks.

Amy Sherman-Palladino. Foto: REUTERS/Mike Blake

Die aand het egter aan The Marvelous Mrs. Maisel behoort wat talle toekennings gewen het, onder meer vir beste vrouehoofspeler in ʼn komediereeks, beste komediereeks en beste teks en regie vir ʼn komediereeks.

Claire Foy en Matthew Rhys het toekennings gewen as beste vroue- en manshoofspelers in ʼn dramareeks: Foy vir haar vertolking van koningin Elizabeth II in The Crown en Rhys vir sy vertolking van Philip Jennings in The Americans.

Beste manshoofspeler in ʼn beperkte reeks, rolprent of enkeldrama

Darren Criss – The Assassination Of Gianni Versace: American Crime Story

Beste vrouehoofspeler in ʼn beperkte reeks, rolprent of enkeldrama

Regina King – Seven Seconds

Beste manshoofspeler in ʼn komediereeks

Bill Hader – Barry

Matthew Rhys. Foto: REUTERS/Mike Blake

Beste manshoofspeler in ʼn dramareeks

Matthew Rhys – The Americans

Beste vrouehoofspeler in ʼn komediereeks

Rachel Brosnahan – The Marvelous Mrs. Maisel

Beste vrouehoofspeler in ʼn dramareeks

Claire Foy – The Crown

Beste komediereeks

The Marvelous Mrs. Maisel

Alex Borstein. Foto: REUTERS/Mike Blake

Beste teks vir ʼn komediereeks

The Marvelous Mrs. Maisel

Beste regie van ʼn komediereeks

Amy Sherman-Palladino – The Marvelous Mrs. Maisel “Pilot”

Beste regie van ʼn dramareeks

Stephen Daldry – The Crown “Paterfamilias”

Beste regie van ʼn beperkte reeks, rolprent of enkeldrama

Ryan Murphy – The Assassination of Gianni Versace: American Crime Story, “The Man Who Would Be Vogue”

Die span van “Game of Thrones.” Foto: REUTERS/Mike Blake

Beste dramareeks

Game of Thrones

Beste mansbyspeler in ʼn komediereeks

Henry Winkler – Barry

Beste mansbyspeler in ʼn dramareeks

Peter Dinklage – Game of Thrones

Beste vrouebyspeler in ʼn komediereeks

Alex Borstein – The Marvelous Mrs. Maisel

Beste vrouebyspeler in ʼn dramareeks

Thandie Newton – Westworld

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.