‘Friends’-akteurs hou reünie

Die akteurs van ‘Friends’ het ‘n selfie by die geleentheid geneem en Jennifer Aniston het dit op haar Instagram-rekening gedeel. Foto: Jennifer Aniston/Instagram

Aanhangers van die “Friends”-televisiereeks wag nou al jare lank vir ʼn moontlike reünie, en nou blyk dit die akteurs het tog saam gekuier vir die 25ste herdenking van die eerste episode wat op 22 September 1994 uitgesaai is.

Jennifer Aniston het haar eerste foto op Instagram gedeel van die groep van ses vriende wat saam gekuier het. Op die foto is Aniston, Courteney Cox, Lisa Kudrow, David Schwimmer, Matthew Perry en Matt LeBlanc.

Dit is die eerste keer wat al ses vriende saam op ʼn foto verskyn sedert die laaste episode van die 10de seisoen “Friends” in 2004 uitgesaai is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lilly ·

dis fantastiese nuus!! ek is mal oor die sitcom Friends. ek het die hele reeks op DVD.

VanAfrika ·

Ja asseblief, bring hulle terug. Het crush gehad op Chandler want hy kon tog so oulik vry☺☺☺☺Net jammer sy persoonlike lewe het nie heeltemal vir hom uitgewerk nie, het groot operasie gevat om hom self om te keer. Kon nie wag dat Ross en Rachel trou maar toe besluit sy nuwe werk aanbod lyk meer rooskleuriger. En Phoebe en Joey die goedige ou dommies van die program, Monica die enigste met n kop aan haar lyf tot sy vir ander Monica ontmoet het☺☺☺☺☺

KaterinaKat ·

Ek het die reeks onlangs eers gekyk op my dogter se skootrekenaar. My gunstelinge was Chandler en Phoebe. Dis n reeks wat mens lekker kan opvrolik en laat giggel maar die snaakste komediereeks ooit was in my opinie, Frasier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.