‘Friends’ maak weer draai op kassie

‘n Skermgreep uit die reeks.

“Die een waar hulle almal weer bymekaarkom.”

Aanhangers van die Amerikaanse televisiereeks Friends kan daarna uitsien om weer vir Chandler, Monica, Phoebe, Joey, Ross en Rachel in aksie te sien, meer as 15 jaar ná die laaste episode van die 10de seisoen van Friends in 2004 uitgesaai is.

Die televisiekanaal HBO het bevestig dat al ses die akteurs van die reeks bymekaar sal kom ​​vir ’n spesiale episode van Friends op die stromingsdiens HBO Max. Dié reünie sal na verwagting in Mei plaasvind.

Matthew Perry, wat die rol van Chandler speel, het die opwindende nuus op Instagram gedeel: “Dit is aan die gebeur,” lui die akteur se inskrywing.

Kevin Reilly, hoofinhoudbeampte vir die kanaal, sê die episode sal die gees vasvang van ’n tydperk waarin vriende – en gehore – saamgekuier het.

Luidens inligting is daar geen draaiboek vir die episode nie. Die vervaardigers van die gewilde reeks, David Crane en Martha Kauffman, sal saam met die akteurs Jennifer Aniston, Courteney Cox, Lisa Kudrow, Matt LeBlanc, Matthew Perry en David Schwimmer verskyn. Die episode sal by Stage 24 op die berugte Warner Bros-perseel in Burbank, Kalifornië, opgeneem word. Al tien reekse van Friends is destyds hier verfilm.

Friends was vanaf 1994 tot 2004 op die kassie, met 52,5 miljoen kykers in die VSA wat die laaste episode van dié ikoniese reeks gekyk het. Dit was die episode in ʼn TV-reeks wat die grootste getal kykers in die 2000’s getrek het.

Bronne: BBC, The Guardian

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Katjie ·

Daar is seker nie ‘n episode van Friends wat ek nie al meer as een keer gekyk het nie. My seun kyk dit nou en love dit.

Snowball ·

Wonder hoeveel keer gaan hulle die Here se naam ydelik gebruik in dié uitsending? OMG is mos meeste ‘sitcoms’ se top uitroepsin!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.