‘Fynskrif’ kom terug vir nog ʼn seisoen

kykNET het pas aangekondig dat die bekende dramareeks Fynskrif vir ʼn tweede seisoen gaan terugkeer na die kassie.

Fynskrif is volgens dié kanaal goed ontvang deur kykers, wat die vervaardigers aangemoedig het om ʼn tweede seisoen te verfilm.

“Ek en Albert was oorweldig deur die reaksie op die reeks en dit is vir ons ’n voorreg om voort te gaan met die stories van al die prokureurs by Van Wyk & Vennote,” het Louis Pretorius, een van die vervaardigers van Fynskrif, gesê.

Fynskrif sentreer rondom die regsfirma, Van Wyk & Vennote. In elk van die 13 episodes van die eerste reeks het die prokureurs ’n saak wat hulle tussendeur persoonlike en familiedramas moet hanteer. Bekende akteurs soos Neels van Jaarsveld, Tinarie van Wyk Loots, Cintaine Schutte, Jacques Bessenger en Kim Cloete het rolle in die eerste seisoen vertolk.

“In die tweede seisoen hang die praktyk se toekoms aan ’n draadjie en word almal onder geweldige druk geplaas. Daar is egter ook baie om na uit te sien oor hoe die verskillende verhoudings ontwikkel en soos altyd ’n paar interessante sake,” het Pretorius gesê.

Hoe lank aanhangers moet wag vir die tweede seisoen is nog nie bekend gemaak nie, maar intussen is die eerste seisoen op Showmax beskikbaar, vir diegene wat dit gemis het of wat graag weer dit wil kyk.

Hou kykNET se sosiale media dop vir meer inligting oor die tweede seisoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Leonie ·

Puik Puik Reeks!!!! Vreeslik opgewonde oor tweede seisoen!

Rita ·

Wat het van Henk geword? Sou graag meer van hom wou sien. Briljante reeks

Jan ·

Puik reeks. Sien uit na 2de reeks. Hopelik sien ons meer intriges met die oulike jong Henk

Mariette ·

Mal oor die reeks. Bring asb meer intriges met jongmense in. Die reeks het soveel lesse in, dit kan net goed wees vir hedendaagse jeug. Bring asb weer vir Henk in

Jozua ·

Baie geluk met ‘n uitsonderlike reeks. Sal graag meer jongmense wil sien. Hopelik verskyn Henk weer. Dit kan interessant raak

Mariettr ·

Awesome reeks. Opgewondwr oor nuwe reeks. Hoop ons sien Henk weer

rosie ·

As dit die maat is van die dogter Alex wiese fotos hy op sy foon het, dink ek nie hy gaan gou weer verskyn in Fynskrif nie. Hy het pas met sy mediese studies in Rusland begin

Peter Holmes ·

Ek is so bly. Die nuwe een is Spoorloos is maar vervelig. Soos n Beeld leser se. Daar gebeur elke halfuur niks. Fynskrif was elke episode spannend en opwindend.

Marianne ·

Net n 2de reeks??? Ek verlang na die mense en wonder hoe dit met hulle gaan. Hoop daar volg nog n hele paar reekse.

Dankie tog! ·

Fynskrif was en is VOORWAAR die heel beste dramareeks in jare. Ek kan nie wag vir die volgende 40 seisoene nie!!!! Baie dankie vir puik kykgenot – vir ‘n slag!!

Rosie ·

Ek het Fynskrif van die begin af geniet. Daar is soveel karakters met wie mens kan identifiseer. Spoorloos… as die episodes nie gou rigting kry nie is dit presies soos wat die naam sê SPOORLOOS

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.