‘Game of Thrones’-aktrise en bekende sanger verloof

Joe Jonas (28) en Sophie Turner (21) (Foto: Bored Panda/Facebook)

Die Amerikaanse sanger, Joe Jonas (28), en sy vriendin, die Britse aktrise Sophie Turner (21), is verloof.

Die paartjie het dié nuus Sondag op sosiale media bevestig.

“Ek het ja gesê,” het Turner op Instagram by ʼn foto van haar verlowingsring laat hoor.

Die paartjie is sedert verlede jaar in ʼn verhouding. Jonas het vroeër vanjaar na Engeland gereis om Turner se ouers te ontmoet.

Die aktrise het onlangs in ʼn onderhoud met Marie Claire oor die frustrasies gepraat wat sy dikwels as bekende in die kollig ervaar.

“Dit voel bietjie asof jy in ʼn vistenk woon,” het Turner gesê. “Jou lewe is konstant in die openbare oog. Dit is frustrerend dat die mees alledaagse dinge [oor ons as akteurs] die nuus haal – hoe vervelig!”

Turner se Game of Thrones-mede-akteurs, Kit Harington en Rose Leslie, het ook einde verlede maand hul verlowing aangekondig.

Die aktrise is veral bekend vir haar rol as Sansa Stark in HBO se trefferreeks, Game of Thrones. Jonas het bekendheid verwerf as lid van die Jonas Brothers – ʼn Amerikaanse sanggroep wat hy saam met sy broers, Nick en Kevin, gestig het. Die groep het in 2013 aangekondig dat hulle nie meer gaan musiek maak nie en die sanger het hom intussen as solosanger bewys en sedertdien twee albums vrygestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.