‘Game of Thrones’-kasteel te koop

Gosford Castle Foto: Maison Real Estate

ʼn Kasteel in die noorde van Ierland, wat in die gewilde televisiereeks Game of Thrones te sien was, is te koop.

Die kasteel het as “Riverrun” bekend gestaan in die derde seisoen van die televisiereeks.

Aanbiedinge van meer as £500 000 (ongeveer R8,7 miljoen) word vir Gosford Castle oorweeg en word beskou as die grootste kasteel in die land, aldus die inskrywing op die eiendomsagent, Maison Real Estate, se webwerf.

Gosford Castle is in die middel van die 1800’s deur die tweede graaf van Gosford, Archibald Archeson, gebou en Thomas Hopper, van Londen, was die argitek. Die grawe van Gosford het tot 1921 in die kasteel gewoon waarna dit tydens die Tweede Wêreldoorlog gebruik is as behuising vir soldate. ʼn Gevangenekamp is ook tydens die oorlog op die eiendom ingerig.

ʼn Ontwikkelaar het in 2006 die kasteel gekoop wat begin het om dit in luukse woonsteleenhede te omskep. Die deel van die kasteel wat tans te koop aangebied word is “gedeeltelik ontwikkel” met die doel om dit in ses individuele eenhede te omskep.

https://youtu.be/CZEZaHqYm5A

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

bren ·

En dis sekerlik vrek koud! en al die spoke……sal nie omgee om n wooneenheid gratis te kon kry daar nie!

Johann ·

Wat van n SA ner koop hom… en dan GRYP die ANC KADERS hom vir CR en sy mede vergrypers!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.