‘Game of Thrones’ laat rekords spat by 2016 Emmy-toekennings

Die akteurs van Game of Thrones (Foto: BBC/Getty Images)

Die akteurs van Game of Thrones (Foto: BBC/Getty Images)

Die Emmys, wat jaarliks die beste in die televisiebedryf vereer, het Sondagaand in Los Angeles in die VSA plaasgevind.

Dié toekennings, wat vanjaar vir die 68ste keer aangebied is, gee eer aan televisiewerk wat tussen 1 Junie 2015 en 31 Mei 2016 gelewer is. Die wenners word aangewys deur die Academy of Television Arts & Sciences.

Die gewilde fantasie-dramareeks, Game of Thrones, het vanjaar die rekords laat spat met die meeste Emmys nóg vir ʼn fantasie-dramareeks.

Die reeks het Sondag met 12 toekennings weggestap, waaronder beste fantasie-dramareeks, maar het in totaal al 38 toekennings verower. Dié reeks het Frasier onttroon, wat 37 toekennings verower het voordat dit in 2004 vir die laaste keer uitgesaai is.

Die toekennings is vanjaar deur die kletsprogramaanbieder, Jimmy Kimmel, aangebied.

Van die wenners was:

Beste fantasie-dramareeks
Game of Thrones

Beste komedie
Veep

Beste mini-reeks
The People v OJ Simpson

Beste televisierolprent
Sherlock: The Abominable Bride

Beste akteur in ʼn dramareeks
Rami Malek – Mr Robot

Beste aktrise in ʼn dramareeks
Tatiana Maslany – Orphan Black

Beste akteur in ʼn komedie
Jeffrey Tambor – Transparent

Beste aktrise in ʼn komedie
Julia Louis-Dreyfus – Veep

Beste akteur in ʼn mini-reeks of televisierolprent
Courtney B Vance – The People v OJ Simpson

Beste aktrise in ʼn mini-reeks of televisierolprent
Sarah Paulson – The People v OJ Simpson

Beste manlike byspeler in ʼn komedie
Louie Anderson – Baskets

Beste vroulike byspeler in ʼn komedie
Kate McKinnon – Saturday Night Live

Beste manlike byspeler in ʼn drama
Ben Mendelsohn – Bloodline

Beste vroulike byspeler in ʼn dramareeks
Dame Maggie Smith – Downton Abbey

Beste akteur in ʼn mini-reeks of televisierolprent
Sterling K Brown – The People v OJ Simpson

Beste aktrise in ʼn mini-reeks of televisierolprent
Regina King – American Crime

Beste televisierolprent
Sherlock: The Abominable Bride

Beste werklikheids-kompetisiereeks
The Voice

Beste geselsprogram
Last Week Tonight With John Oliver

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.