Geliefde ‘7de Laan’-akteur gepos

Pierre van Pletzen as Oubaas (Foto: Instagram via Real 7de Laan)

Die Afrikaanse akteur Pierre van Pletzen sal nié meer as Septimus “Oubaas” van Zyl in die SABC2-sepie 7de Laan te sien wees nie.

Sandra Vaughn, Van Pletzen se vrou, het die nuus aan Maroela Media bevestig.

Vaughn sê Van Pletzen het gister na afloop van ʼn kort vergadering gehoor dat sy kontrak nie hernu word nie.

Die akteur het verder ook net ʼn maand kennis gekry, en sal dus net tot 4 Augustus op stel wees.

“Ons is nie seker hoekom nie, dalk wil hulle nie meer vir Oubaas in die sepie hê nie,” sê Vaughn. “Dis fine, ons sal oukei wees. Ek weet die Here voorsien en ons glo dat dinge op die ou end goed sal uitwerk, maar drie maande kennis sou ons darem meer tyd gegee het om voor te berei en om alternatiewe planne te maak.”

Vaughn sê die gesin is nou in ʼn finansiële krisis gedompel en die beëindiging van dié kontrak noop hulle nou om hul huis in die mark te sit.

“Pierre is vir die eerste keer sedert hy ʼn student is, sonder werk. Al die ander projekte waaraan hy gewerk het, is onlangs voltooi. Met dié inkomste wat ook nou weggevat word, noop dit ons om van ons huis ontslae te raak. Ons sien die agent reeds vanaand vir ʼn waardasie; ons wil ten minste ʼn bietjie kontantbuffer hê – mens weet nie hoe lank daar nie werk gaan wees nie.”

Sy sê die gesin is egter vol vertroue dat dinge sal uitwerk.

“Ons is emosioneel, maar ons is nie bitter of iets nie. Daar is nie kwade gevoelens nie. Ons is net bietjie vinnig in die water gegooi, en moet nou leer swem.”

Vaughn sê die gesin moes verlede jaar ook aanpas toe Pierre se vergoeding met byna die helfte gesny is.

“Hulle het laasjaar ook vir hom ʼn nuwe kontrak gegee, wat ons albei genoop het om ander werk te begin doen. So ons is gewoond daaraan om in onbekende situasies te wees. Ons weet die Here gaan voorsien, en daar is altyd ʼn plan met alles. Maar dis tough, daarmee kan niemand stry nie.”

Van Pletzen is sedert 2000 in die sepie te sien as Hilda, vertolk deur Annelisa Weiland, se man.

Rosa-Marie Erasmus, 7de Laan-woordvoerder, wou nie in dié stadium bevestig dat Van Pletzen se kontrak nie hernu is nie. Erasmus sê die SAUK sal binnekort ʼn verklaring in dié verband uitreik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

121 Kommentare

MADISON ·

Ag nee dis nou ‘n probleem van epidermiese proporsies. Ons gaan hom mis en wens hy het liewer 3 maande kennis gekry. Sterkte oom Oubaas !!!!

Pieter Oberholzer ·

Ag nee, julle is nie ernstig nie? 7de slaan in nie 7de slaan sonder Oom Oubaas nie. Die sepie is nou al só aangepas dat dit nie meer 7de laan is nie. Ek is jammer, maar as Oubaas waai, waai ek ook. 7de laan is reeds nie meer ‘n plesier om na te kyk nie. Erken dit meer, 7de laan is besig om sink!!!!

dom ·

Dit is om plek te maak vir BEE… wil mos oral indruk kan nie hul eie reekse begin nie…

MARISKA KRUGER ·

Dis vreeslik hartseer maar daar moet tog sekerlik ‘n nes eiertjie wees. As jy vir die eerste keer sedert jy ‘n student was sonder werk sit, moet jy darem ‘n goeie pensioen bymekaar he of hoe?

Eish ·

Lees die artikel suster. Die man is 65 en hy werk nog. Salaris reeds voorheen gehalveer. Akteurs in SA nie n baie lonende beroep nie. Hul moet hul huis verkoop. Sê dit nie genoeg nie.

Christelle ·

Rêrig is daar nog mense in SA wat glo dis moontlik vir alle Suid Afrikaners in ń “nes-eiertjie” of pensioen te hê? Mens het skaar ń bord ongebalanseerde kos op jou tafel!

En du Toit ·

ONS SOEK OU BAAS ONS SOEK OU BAAS. ONS SOEK OU BAAS. ONS SOEK OU BAAS.

Wagter ·

Haha my moeder is amper 70, en werk nogsteeds twaalf ure skofte as n verpleegster, geen nes eier.. nie almal van ons kry R20-30 000 n maand nie

Suzette Roos ·

Ai dit is hartseer en so ontydig. Nie net vir die reeks en kykers nie maar ook vir die akteur self. Om sonder ‘n inkomste te wees is hel. Ek was in die afgelope 5 jaar twee keer sonder werk (ek is ‘n tekenaar en het op die Platinum en Ystererts myne gewerk). Ek weet net dat sommige van ons ou mensies kan nie sonder ‘n inkomste wees nie, my pa is ook ‘n tekenaar en werk steeds…hy is Oktober 85 jaar oud. So kom ons wees positief, ek hoop Pierre kry gou ander werk en ons pak die lewe aan …. die lewe is soos ‘n nikkerbol, hard maar lekker…

manuela ·

dis baie onbillik om net te sê daar moet ‘n nes-eiertjie wees. Akteurs in SA se pakkette is nie van so ‘n aard dat hulle net kan wegsit vir die oudag nie. Inflasie is so erg ( en kos- en leefpryse het so baie gestyg) dat talle oues van dae selfs nie op hul “nes-eiertjie” kan oorleef nie en moet werk, as hulle so gelukkig is om te kan werk

Eish ·

Tragies om die minste te sê. Dis louter hel om deur die meule gemaal te word. Behou die geloof.

Kobie Nel ·

Pleks dat hulle daai Viviene pos, sy haat mos witmense. Maar een ding is seker, ek GENIET Piere se spel op Phil 101. Daar is altyd nog ‘n deur wat oopmaak as jy net vertrou en op die uitkyk is. VOORSPOED.

Borraline ·

Ek stem. Vinette moes eerder gewaai het. En wie op aarde het n neseiertjie? Nie ek nie! Nie almal het groot geld verdien nie. Ek moet maar tevrede wees op 62 met my staatspensioen.

Steven ·

Die 7de laan skip sink stadig maar seker. Erg vervelige dun storielyn. Pierre sal verseker ander aanbiedinge kry by beter produksies.

Spider ·

Sewende Laan se storielyn is baie lankal niks om oor huistoe te skryf nie. Kyk mooi Hilda is volgende en daarna Matrone, ander bleeksiele se deelname ook in gevaar.

Gerrit ·

Ai, dis darem jammer dat `n mens op daardie ouderdom geen spaargeld bymekaar gemaak het nie.
Nou het Oubaas en Ouboet saam `n “band”begin….dis jammer hulle kan nie `n ander “day job” kry nie, want dit klink regtig pateties.

Gogga ·

Gaan kyk op facebook vir hulle fb blaaie dan kontak jy hulle op die manier.

christa Nagel ·

E het erens gelees dat dit Oubaas se tweede huwelik is, dus is nommer een dalk weg met die neseiertjie. Ek sal hom mis, hy was van die bestes in die storie.

Yvonne ·

Was jy deel van die egskeiding? Hoe kan jy so uitlating maak. Terloops, sy eerste vrou is ook n bekende aktrise so ook sy dogter.

Wagter ·

Kalmeer Yvonne, vryheid van spraak laat ons toe om sulke goed te se, vir al wat jy weet sit Pierre en lees die boodskappe en smile net so breed daaroor

Genieve ·

Ek kyk lank al nie meer 7de laan nie. Oom Oubaas sal weer n werkie kry ons glo so.

Lizl ·

Ek voel jammer vir hulle oor die inkomste verlies. Ek self kyk al jare nie meer 7de Laan nie. Wat `n eg Afrikaanse sepie was het al so verwronge geraak, dis net nie meer kyk stof vir jou normale christelike afrikaanse gesin nie

christa Nagel ·

Geen Afrikaanse sepies of nuusblaaie is meer net Afrikaans soos dit oorspronklik was nie. Alles word op gemors. Kyk maar enige Afrikaanse storie op die kassie, dan sal jy agterkom dis die suiwer Afrikaans nie, ander tale moet altyd tussenin gedruk word.

jennifer ·

Maar afrikaans word ook nie in ander sepies van ander talle afgedwing nie, maar al die talle word op afrikaanse sepies afgedwing!

Jan ·

Daar kan mos nie meer suiwer Afrikaans op die kassie en in sepies gepraat word nie, nee. Ek het dit nie teen Swart, Bruin of wit nie, maar dan gaan ‘n wit persoon, wat perfek Afrikaans praat, met ‘n anderskleurige uit, met ‘n uitspraak wat mens laat wonder hoe dit gekom het dat hy in haar belangstel, dit pas net nie, die twee is ligjare van mekaar verwyder, maar voort sal hulle karring. As DIT nou nie polities korrek is nie, weet ek nie wat dit is nie. maar nouja, sepies is nie daar om die realiteit uit te beeld nie. Dan wonder ek wat se boodskap hulle het om te vertel.

jennifer ·

Pleks haal hulle charmaine uit! Sy beteken niks in die sepie nie. Dat iemand op sy ouderdom moet bekommer oor vir sy gesin te sorg is baie hartloos van 7de laan of wie okal besluit het om hom net n maand te gee. Hy gaan seker ook net soos karmen net verdwyn en nooit weer te siene wees nie. Hulle kan nie hulle storie met karmen mooi uitplys nie so toe laat hulle haar maar verdwyn! swak storielyn deesdae! Ek begin somer n boikot! (grappie)

Sarel ·

Dankie tog! Vat sommer vir Hilda en Aggie en Connie, en Charmaine en haar kind ook tog saam. Was in elkgeval n patetiese rol en n patetiese man op die storie.

jennifer ·

Sit oom oubaas in Getroud met Rugby as Blitz se pa, of Fafa se pa of oupa!

Jan ·

Ja, en ten minste gooi hulle nie allerhande vreemde uitsprake tussenin nie, Suiiiiwer Afrikaans.

Anton ·

Jan jy is heeltemal reg.Ons Kan doen om hom in Getroud met Rugby sit of Binnelanders as Okkie se Broer wat help want Okkie het hom gevra om hom te help in die Restuarant oot die Winkel baie besig is of die Winkel in nuwe Onkonelogie Sentrum te wees. Sy Toneel spel is fantasies en ons is mal oor ons Sepies of sy kan as Sasha se Oupa speelin Getroud met Rugby. Dan het sy darem n Bloed Familie Lid. Dink net hoe heerlik gaan dit wees as hy n Rol in Kyk Net kan kry. Ons love Oubaas baie maar kyk nie meer Sewende Laan nie. Komaan Liz Meyering maak n plan dit gaan beslis n Wenner wees en groter Kyker getalle lok. Sal my Kop op n blok sit. Oubaas is fantasties.

Stella ·

Ag die hele on 7de Laan Kan maar gaan al lankal nie meer goeie kykstof nie.

Malan ·

O dis met groot spyt dat ons hoor van oom Oubaas wat nou moet weg uit 7de laan! Elke storie het humor nodig. Ons het juis sy verminderde teenwoordigheid gemis. Hou moed julle daar is altyd n uitweg. Baie sterkte! Ekt gist middag vir oom Oubaas en Frank Opperman hoor sing op Rsg….dit was puik.

Nols Smit ·

Dalk moet 7 de Laan se naam verander word na Zupta Avenue

Johan ·

Dit is deesdae vol politiek wat myns insiens onvanpas is in gesins sepie. Die politiek word nie net in nuusmedia in ons kele agedruk nie ma nou in ontspannings programme ook. Geen plesier meer te kyk nie. Bepaal eerder my aandag en tyd elders

Malan ·

7de Laan het jare terug altyd so n positiewe storielyn gehad! Daar was goeie vriendskappe ens..deesdae is almal in twiste met mekaar gewikkel en die alledaagse stryde in SA word ook betrek, asof ons nie klaar genoeg stres het nie. Ons soek weer mooi positiewe storielyne met Oubaas, vir di humor. Ek dink Cloudie en sy ‘gang’ het als te doen met die vreemde storielyne. Hou moed Pierre v Pletzen + jou gesin.

manuela ·

Kan mens nie ‘n fonds stig vir Pierre van Pletzen om hom tydelik te help tot hy ander werk kry nie. My hart gaan uit na hom en sy gesin. Ek is nou hoogs ontstoke, want hy en Hilda was dié twee mense wat nog maak dat ek 7de laan wil kyk. As hy weg is, gaan ek nie meer dié sepie volg nie. Dis net nie meer dieselfde nie.

manuela ·

Ek stem volkome met jou saam. Ek mis die positiwiteit. 7de laan is deesdae net nog ‘n reeks

Anika ·

Wil en gaan ook nie meer 7de Laan kyk nie. Deesdae moet ons ook nog na al die sedelessies kyk – bv. oor die jeugopstande van 1976 waar Matrone die jeug so uitgevreet het oor hulle “onkunde” oor ons land se geskiedenis – tjk. En nou weer die rasse sage met Lesedi en Chris Welman – dit stink.

Piet ·

Stem saam Anika-7de Laan kan maar permanent v kassie verdwyn! Voel jammer vir Pierre-maar dink die sepie is jou nie werd nie!

Ronel79 ·

Gelukkig kyk ons al vir ñ paar jaar nie meer eers tv nie want als word verdraai. Kyk net na wat ons kinders als in die skool moet leer dan verstaan julle mos hoekom daar “lessies” gegee word in die kamakastige landsgeskiedenis!
Oom Pierre was van Orkney Snork Nie se dae ñ goeie akteur. Hy sal weer werk kry! Wat vir my positief is omtrent hierdie berig is dat hulle geloof het in Ons Vader en dis al wat ons nodig het!

S A Burger ·

Laaaankal ophou kyk – seker ‘n paar jaar al -nee wat stel nie belang nie- sodra Zumpie se vriende ‘n vinger in die pie het verval alles.

Anti Sewendelaan ·

Verkeerde mense aan die stuur – Die libs ect…………. – dan sal dit gebeur – kan nie glo dit bestaan nog nie. So ‘n klomp snert wat hulle opdis – dankie tog ons het keuses na wat ons wil kyk.

aneja ·

Ek lankal geen sin in 7de Laan meer nie. Geen kykstof vir jongmense nie net rugstekery ens. Tydmors om na die patetiese spul te kyk hulle kan almal maar in ander sepies opgeneem word. TV bied maar min kykwaardige programme vir afrikaanssprekendes. Is ook geen opbouende sepie meer nie pas goed in by die aftakeling van ons kultuur.

Phyllis ·

Ons sal maar nie meer 7de Laan kyk nie. Ons gunsteling akteurs word summier uitgehaal en akteurs waarvan ons nie hou nie bly in die sepie. Nee wat, dit sal nie deug nie.

Swartkat ·

Sonder Oom Oubaas kan hulle maar 7 de Laan van die kassie afhaal . Wat van ‘n mooi riller met die Guptas en N’ kantla

wraggies ·

Alle sepies hoort van die kassie afgehaal te word, assok meeste van die sg “reality shows” absolute snert.

Elsje ·

7 de Laan oppas dat jul nie Spur se voorbeeld gaan volg nie. My ma is 80 en lief 7 de Laan, maar tot sy voel genoeg is genoeg.

lisaan ·

Die lewe bestaan net uit ernstige perfekte mense soos jy seker Sarel.

Corra ·

Oom Oubaas.
Gaan sien die regte mense by Binnelanders.
Ek is seker hulle kan gebruik maak van oom.

Corra ·

Een van my geliefde karakters van Binnelanders is ook nou in 7deLaan te sien! Die polisie-sersant! Hy moet tog OOK asb terug Binnelanders toe, waar hy Herman gespeel het!

Kim, Felisity, Maria, en almal wat se kontrakte nie hernu was nie ….. ons mis ons karakters!!
Nou oom oubaas ook?!!
Ag nee wat, 7deLaan kan loop vlieg, ek kyk dan eerder iets anders. Verseker! PUNT.

Michelle ·

7de laan gaan ni dieselde wees ni!!!!! Nee dink aan die kykers!!!!

karen ·

Ja inderdaad die Here sal voorsien. die storie is in elk geval so kommin – met ‘n k my kind- sou my ma se. Die lekker kyk het verander in manupilasie , egbreuk ag sommer net stupid verby !

Roepster ·

Wat is 7e laan dan nou sonder die “oubaas”? Nee manne nee!!
Dit kan mos nou nie wees nie.

Rina ·

Dankbaar dat Oubaas 7de Laan gaan verlaat. Hy het toneel “gespeel” op n kind in Graad 1 se vlak. Gaan lekker wees sonder Oubaas – hy’t die hel uit my geirriteer. Maar hy moes darem drie maande kennis gekry het.

Anti-7de Laan ·

Kyk toe Neville vir die tweede keer sag dog dringend heengaan het my smaak vir 7de laan ook in die graf saam met hom beland, maar sonder Oubaas gaan dit netnie meer dieselfde wees vir kykers nie. Mag “Oubaas” soveel beter en soveel meer kry as wat 7de laan hom ooit kon bied ?

Swartkat ·

Ag deesdae word alles so op die kassie herhaal dat dit nie die moeite werd is om meer te kyk nie, Oom Oubaas ons sal jou mis wonder watter twak gaan hulle nou vir 7 de Laan opdis. Ek dink hulle moet maar die gordyn ophang en dit van die TV afhaal

Tammy ·

Is die 7de Laan vervaardigers nie bekommerd dat hulle dalk dieselfde pad kan loop as die restaurant wat nou so mooi verskoning maak vir hulle nie-aanvaarde optrede nie. Dit is n wilde sprong om van Oubaas ontslae te raak. Dink ek se ook maar totsiens…. kry vir julle nuwe kykers.

Linda Koekemoer ·

Net gisteraand gese Ek Gaan nie meer 7de Laan Kyk nie. Afgesaagde storielyn.

Etienne ·

Gebeur met die beste van mense…..I dont judge but he is not special. We all special….

Rodney van Rensburg ·

Hy kan gerus aan my deur kom klop vir ‘n werk. Hy sal ‘n plus vir enige maatskappy wees.
Hy kan my ‘n E-pos stuur.
[email protected]

Erick ·

Kyk al vir baie jare nie meer Sewende Traan nie. Sterkte Oubaas.

humor ·

Jammer vir die persoon. Dit is sekerlik nie hy wat sy rol vooskryf nie, so mens kan hom nie kwalik neem nie maar hy het darem soms te oordrewe “simple” voorgekom. Ek kyk hoegenaamd nie sepies nie. Moet dit soms gedwonge saam met ander mense dit sluk. Tog jammer dat so baie mense siek verslaaf daaraan geraak het. Kan my tyd baie meer sinvol deurbring.

humor ·

Het seker aan die begin die verkeerde naam Oubaas gegee. Daar is tans miljoene wat nie daarvan hou nie.Hulle reken seker dit het nou tyd geword om te transformeer.

Sue ·

Het 14 jaar gelede ophou kyk na 7de laan. Kan nie glo dat mense nou nog daarna kyk nie. Die sepie se rak leeftyd is hoeka al verby.

Cherokee ·

Ek kyk nie 7de Laan of enige ander sepie nie maar omdat dit in my huis gekyk word, weet ek van wie julle praat. As julle sò ernstig is om Oom Oubaas in die storielyn te hou, troef die SAUK met ‘n SPUR. Dit is van uiterste belang vir hulle om hul kykertalle te behou. Daar is ‘n defnitiewe manier waarop vasgestel word hoeveel kykers daarna kyk, so moet nie sê dat jy dit boikot en dan skelm kyk nie, Speel hulle ‘n Spur. Dit kan interessant wees.

JP ·

Die einde van 7de laan is naby. 7de laan sonder Oubaas gaan nie meer die selfde wees nie. Ek hoop net hulle skryf hom op n respekvolle manier uit 7de laan uit.

sterkte ·

7de Laan gaan in n swart afrika storie reeks verander. Politiek en die inmenging van die regering is n lelike ding. Ek is ook besig om my “gat”te wip oor die storie lyn. Stetkte aan oom Oubaas en sy familie,eks mal oor hom.

Liza ·

Ons gaan ins narsingpittjie,komkommerblaartjie vreeslik mis.stetkte Oom oubaas.

Ronel79 ·

Hahahaha goeie vraag. My kind het dit ook nou die dag vir ñ maatjie gevra toe wil die maatjie amper iets oorkom. Hoe de dinges kan mense toelaat dat hulle kinders daai gemors kyk?
Maar toemaar jy mis niks…

Viva Oom oubaas ·

Die 7de Laan prduksie is stadig maar seker besig met selfmoord. Kwessie van tyd en daar is nie meer n 7de Laan op die kassie nie. Hulle is besig om hulle Pilaar karakters die trek pas te gee. Net so goed ek haal my ondersteunende pilare wat my besigheid die beste ken en my kliente elke maand verseker uit en sê: Ek het julle nie meer nodig nie. Gooi jou steen pilaar karakters weg wat deel is van die karakter vermaak van die sepie en dan gooi sommer in die selfde asem n paar kykers weg wat oom Ou Baas gelove het op die sepie. Laatweet ons asb waar is die volgende sepie waarin oom Oubaas in gaan speel met sy humor en sê goed. My gesin en ek ondersteun daardie film of sepie want oom oubaas is ons gunsteling stêr op die kassie. My kinders kon die anderdag nie glo “orkney snork nie” oom spike is oom ou baas

Jack ·

Beter kon ek dit nie stel nie. Oom Oubaas byt vas, jou ondersteuners is jou CV. Ons glo jy sal vinnig weer n rol kry.

Wouter ·

In die kol gestel. Gee oom Oubaas n nuwe rol wat ons kan laat lag.

Adri ·

Dit is nou so jammer lyk my jul wil d laan laat stop eers n ander tydgleuf en nou steek jul d goeie akteur in die pad

Werner ·

Dit sal nou great wees om oom Pierre ( Oubas ) in n comedy fliek te sien. Soos n ” Spike ” of oubaas. Dankie vor jou altyd humor en sê goed Pierre. Is jammer dat ons ouderdom ons begin in al maar ek glo jy het nog soveel om vir ons te gee in ons lagspiere….7de Laan wil seker meer jonger karakters en kykers trek. Almal moet wel besef dat al die outoppies en grysaarts word steeds benodig vir kennis en wysheid. Pierre spry jou vlerke daar is nog soveel om ons te gee in vermaak en jy kan!

marlene ·

Is daar werklik mense wat nog na Sewende Laan kyk? ???????

Penelope ·

Ek voel jammer vir “oom Oubaas”. Ek kry ook die gevoel die lysie gaan langer word.
Ons kyk ook nie meer 7de laan nie, maar wil darem net se: die man aan stuur van sake is ‘n verraaier….. die ou afrikaanse akteurs lyk my word almal een vir een uitgeskryf. (Seker bang sy neseiertjie word kleiner…..)

Ja vir Oom OU Baas ·

Ag nee, kyk al jare 7de Laan. Gaan oom Oubaas mis……hy’s net die beste.

Nicky Van Aardt ·

Ek kyk etlike jare nie meer die Laan nie. Storielyn is afgesaag en vervelig. Ek dink diegene wat Wel daarna kyk moet miskien ophou en die kykerstal verminder. Dan sal die Laan ook dalk gepos word.

Stellie ·

Om NET die VOLGENDE dag te se die huis moet verkoop word beteken of hulle het n hengse huis wat onderhou moet word OF hulle was klaar oppad erens anders heen!

Clinton Kotze ·

Dis tyd om hierdie sepie te boikot. Ek hoop regtig die vervaardigers van 7de Laan kan hierdie kommentaar lees. Oubaas is so deel van die sepie soos Hillside.
17 jaar is lang genoeg vir n program. Hulle het in elkgeval uit idees vir storielyne gehardloop al lankal

Ashlee ·

Die ou moes gespaar het. Ek meen, hy het mos tyd gehad.Koebaai omie, verkoop jou paleis!!

vrikie ·

Ek dink oubaas moet dalk nou ‘n karwag word dan kan hy almal vermaak met sy stories oor rondomskrik

Deon ·

Toe my dogter my meedeel dat die kenwysie sou verander, was my reaksie; “daar gaan Afrikaans”

Rietjie ·

Baie baie swak. Ons gaan jou baie mis. 7de laan moet maar van my kyklys verdwyn. Baie sterkte. Ons weet mos die een deur wat toegaan gee geleentheid vir die ander een om oop te gaan.

Melany ·

Nou raak 7de laan net te erg. Dit voel meer so Isidingo. Ek dink die skrywers het heel die plot verloor. Is dit dalk wat Sabc wil he? Dat niemand meer die laan gaan kyk nie? Regtig baie terleurgesteld.

Showahed ·

Op ‘n ligter noot, Oubaas Pierre is darem ook ‘n drommer in Harrebaard (Die Ooms se Band) en ek dink daar is ‘n blink toekoms vir hierdie band onder leiding van Frank Opperman! Ek like dit!

Bolander ·

AG NEE, DIT GAAN NIE MEER DIESELFDE SONDER OUBAAS WEES NIE. WAT IS JULLE PROBLEEM!!!!!! JULLE KAN NIE DIT DOEN NIE!!!!!!!

andrea van vuren ·

Lesedi se patologiese wraak (al is dit net ‘n storie) teenoor Chris, blaas rassehaat aan. Wat op aarde het van 7de Laan geword? Hemel tog?

Liezel ·

Toemaar Pierre n blink toekoms wag op jou, baie beter as dit wat 7de Laan gebied het!

Lee Randburg ·

Oubaas was 7de Laan. Jare gelede was die sepie pure kykgenot, nou is daar nie n storie lyn. Charmaine moet eerste gewaai het! Koebaai vir die Laan.

Amanda Owen ·

Nee, julle kan nie so ongelowig wees om die huis sommer so in die mark te sit!!!! God is groter & sal voorsien as julle Hom dien en vertrou!!! Baie sterkte!!!

HAAIWEEEEJY ·

Kyk wat vir my die beste is. Party mense dink hulle is te hoogmoedig om te erken hulle kyk tv. Hoekom weet ek nie?????? Maar praat jy oor ‘n program of sepie weet hulle presies waarvan jy praat en hulle praat saam. Dat mense dink hulle opinies is nou rerag belangrik hahahaha

Adri Cox ·

Pierre van Pletzen is ‘n ongelooflike goeie akteur. Hy kan myns insiens bykans enige rol vertolk. Baie dankie vir al die vermaak wat jy ons kykers besorg het as Spike en Oom Oubaas oor die afgelope jare. Sterkte vir die pad vorentoe. Ons sien uit daarna om jou in die toekoms in ander produksies te sien.

Baie ontsteld ·

7de laan was die een program wat ons as gesin kon saam en geniet in die aande. Geen SVL wat ons voor moes uitkyk vir die kinders. Die program het al so vernader dat my kinders dit nie meer mag kyk nie. En ek geniet dit ook glad nie meer nie . Nou dat ek hoor oom oubaas is ook uit dink.ek nie ek sal ooit weer dit kyk nie. Ek weet nie wat julle doen nie, maar ek voel julle het 7de laan opgemors…..

Ronel Nortje ·

Net gister het ek vir iemand gesê ek sal nooit weer 7de Laan kyk nie. Nou sal ek dit nog minder doen. Dankie, dit was mooi, maar dis nou verby!!!!

Elsabe ·

Die kykers van 7de Laan wat oubaas se rol geniet het moet saamstaan en ‘n petisie opstel om Pierre van Pletzen in die reeks te hou.

Megan ·

Alles kom tot n einde ek wens hom alle sterkte god weet van beter..Hy lewe nog en is uit gespaar deur dir genade van jesus.

Kosie ·

Hy en (Opperman, ouboet) het ‘n rock band begin en hulle het reeds ‘n CD gemaak wat een van die dae uitgereik gaan word. Ek dink dis een van die redes.

Klaar gekyk ·

Die idee dat ek ñ AFRIKAANSE program in ENGELS moet LEES om die program te volg terwyl die akteurs ander taal praat is verregaande.
Ek kan nie die onderskrifte sien nie. Ek kyk dus lankal nie meer nie.
Ek het die program geniet… Voordat dit polities korrek geword het.

Sê Wie? ·

Oubaas en Zuma is van dieselfde stoffasie gemaak….jy kry hulle sommer uit jou klere gewas nie

Richie Rich ·

Rasse kwota..ek waarborg julle..sy plaasvervanger sal iemand van kleur wees..7 de Laan..of is dit nou 7 de Traan..

Domvraag ·

Sonder Oubaas sal dit nie dieselfde wees nie. Te veel ander gesigte in 7de laan en nie meer oorspronklike kulturele storielyn nie. Ek en ek hoop duisende ander besluit om nie meer 7de laan te kyk nie en soos met spur vra ek –gaan ons saamstaan en duidelike boodskap aan die sepievervaardigers stuur?

Stefaans ·

Ek het van die ou kenwysie gehou, maar die res is pateties, eintlik blatante breinspoeling as jy dit behoorlik ontleed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.