Geliefde Hilda verlaat ‘7de Laan’

Annelisa het in Februarie haar 70ste verjaardag op die stel van 7de Laan gevier.

Kykers van die gewilde SABC 2-sepie 7de Laan sal einde September vaarwel moet roep aan een van dié sepie se geliefste karakters, Hilda van Zyl, vertolk deur die gesoute aktrise Annelisa Weiland.

Weiland, wat al vir 19 jaar in dié rol in sitkamers landwyd op die kassie kuier, het besluit om dié sepie te verlaat. Die kykNET-sepie, Suidooster, het intussen aangekondig dat Weiland in November by dié span sal aansluit.

“Hilda is reeds sedert 2000 ʼn deel van my lewe en dit was ʼn voorreg om deel te wees van die ondersteunende omgewing wat die Laan my gebied het,” het Weiland luidens ʼn mediaverklaring deur 7de Laan gesê.

Hilda, ʼn liefdevolle maar naïewe, middeljarige vrou is eers aan kykers bekendgestel as ʼn ontvangsdame en het sedertdien vele betrekkings in die Laan gehad, insluitend ʼn kassiere in die sportwinkel T & T, ʼn kelnerin en ʼn sjef.

“Dit was ʼn voorreg om die lawwe klein Hilda met haar aaklige kleresmaak, die onvermydelike serpies en die aaklige kookvernuf te vertolk. Ek het dit ook geniet om die meer ernstige en gesofistikeerde kant van Hilda te ontdek en ek is bevoorreg dat ek met baie interessante karakters kon saamwerk oor die jare,” het Weiland bygevoeg.

Weiland is eersdaags in die nuwe kykNET-komediereeks, Lui maar op, Belinda, te sien in die rol van die militaristiese en konserwatiewe bakster Annetjie Nel.

Hilda het bekend geraak in die Laan vir haar avontuurlustige kookvernuf en veral haar uitspattige troukoeke. Sy was ook aan kykers bekend vir die “dans van die sewe serpies” wat sy vir haar voormalige man, Oubaas van Zyl, vertolk deur Pierre van Pletzen, by spesiale geleenthede uitgevoer het.

Haar verhouding met Oubaas was een van die bepalende oomblikke in Hilda se lewe en hoewel dié huwelik later op die rotse beland het, bly dit een van Hilda se hoogtepunte.

“Ongelukkig is dit tyd om vir Hilda totsiens te sê en nuwe uitdagings, geleenthede en horisonne te ontdek in die Kaap, waar ek gebore en getoë is,” het Weiland gesê. Suidooster is in die Kaap gesetel.

Weiland sal ook eersdaags in die nuwe kykNET-komediereeks, Lui maar op, Belinda, te sien wees saam met veteraan-akteurs soos Brümilda van Rensburg, Eric Nobbs en Duncan Johnson. Weiland vertolk die rol van die militaristiese en konserwatiewe bakster Annetjie Nel, wat haarself meer bemoei met haar kollegas by die hoekwinkeltjie waar sy werksaam is se sake as met die koek van die dag.

“Annelisa bly een van die talentvolste mense met wie ek al saamgewerk het,” het Thandi Ramathesele, uitvoerende vervaardiger van 7de Laan, gesê. “Ek was mal daaroor om saam met haar te werk en is nog altyd beïndruk deur haar unieke talent en konsekwentheid.”

Weiland sal tot einde September nog te sien wees as Hilda van Zyl.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Annette Sartori ·

My hart is aan flarde. Hilda was totaal en al ‘n instelling. Ek gaan haar vreeslik mis.

charmaine ·

Genade is dit nog steeds op die korrupte kanale ek dog die vrou is ook al dood?
NETFLIX en SHOWMAX bly maar die beste

Antoinette ·

Ek is regtig bly dat sy ‘n ander rol gaan vertolk. Sy is ‘n uitstekende aktrise maar verdien ‘n baie beter rol as Hilda in 7de laan.

Tarien ·

Ag foei tog, Leon. Hoop jy is gereed vir die volgende episode. Ai,ai

Chiddy ·

great nuus! Puik aktrise wat meer en meer met tyd op die agtergrond geskuif is in 7de Laan. Net ‘n kwessie van tyd voordat 7de Laan ook verdwyn. Voorspoed aan Annalisa met al haar nuwe( beter) projekte.

Zettie ·

Goeie griet…….ek het nie geweet 7de Traan wys nog nie……Hoop sy gaan nou ‘n beter rol kry.

Suzelle ·

Ek kyk 7de laan since hy begin het in 2000, ons gaan ou kierietjies mis in die laan ????.
Vir die wat nie 7de laan kyk nie, jul mis baie!! ????

Jason ·

Ja nee vader alleen verbied tog mense wat nie jou smaak het nie! Neti diti!!

Blackies ·

Die wat sulke swak kommentaar lewer kyk natuurlik DSTV wat natuurlik anti Afrikaans is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.