Gewilde akteur groet die Laan

David Rees (Foto: Facebook)

Die SABC 2-sepie 7de Laan het Dinsdag aangekondig dat David Rees dié sepie binnekort verlaat.

Rees, wat die rol van Chris Welman vertolk, sal op 31 Julie vanjaar vir die laaste keer op die stel van die sepie wees.

Rosa-Mari Erasmus, publisiteitsbeampte vir 7de Laan, het die nuus in ʼn persverklaring bevestig. “Dit is met spyt dat ons moet aankondig dat David Rees vanaf 31 Julie nie meer deel sal vorm van die 7de Laan-span nie. Sy laaste verskyning op die kassie sal op 19 Oktober vanjaar gebeeldsaai word,” lui die verklaring.

“David is al vir twee jaar lank ʼn waardevolle deel van 7de Laan en sy bydrae word hoogs waardeer.” Erasmus het nie meer inligting bekendgemaak oor hoekom Rees die gewilde sepie verlaat nie.

Rees, wat veral bekend is vir sy rol as Nick in die sepie Egoli, het in Februarie vanjaar opslae gemaak toe hy sy verloofde, Herculina Pentz, regstreeks op 7de Laan se Facebook-blad gevra het om te trou. Meer as 5 000 kykers het ingeskakel om na dié geleentheid te kyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Elsa ·

Wat jy ook al gaan doen, glo ek sal n sukses wees. Voorspoed.

Tyd mors ·

En hy dra nou by tot ???? n tydmors van SA voor die TV — plaas dat ons kyk wat om te doen om ons land se rigting te verander sit ons voor die TV en kyk na iets wat soos die ou mense altyd gese het, dit gebeur net in flieks en boeke.

F ·

@Tyd mors… Niemand dwing jou om voor die tv te sit nie. Gaan sny die gras of gaan draf om die blok. Ons ander geniet dit. … Geniet vanaand die grassny.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.