NickFest Live, die gewilde kindervertoning aangebied deur die kindertelevisiekanaal Nickelodeon, sal eersdaags weer in Johannesburg op die verhoog te sien wees.
Dié geleentheid, waarvan sommige van Nickelodeon se gunsteling-karakters asook plaaslike kunstenaars, spesiale gaste, komediante, dansgroepe en platejoggies deel sal wees, word op 6 en 7 Julie in die Ticket Pro Dome in Johannesburg aangebied.
“Ons Nickelodeon-handelsmerk is ingestel op familiepret,” het Alex Okosi, uitvoerende vise-president en besturende direkteur van Viacom International Media Networks, gesê.
“Ons en ons vennote is opgewonde om ons Suid-Afrikaanse gehore die geleentheid te kan gee om hul gunsteling-karakters te sien.”
Vir meer inligting besoek www.ticketpros.co.za. Nickelodeon is te sien op DStv-kanaal 305.