Gewilde ‘Kokkedoor’ weer terug op die kassie

Sam Woulidge, Nic van Wyk en Hetta van Deventer-Terblanche.

Die beoordelaars: Sam Woulidge, Nic van Wyk en Hetta van Deventer-Terblanche.

Ná twee gewilde seisoene van die kykNET-kosreekse Koekedoor, asook Kokkedoortjie en Koekedoortjie, keer Kokkedoor wéér terug vir ʼn derde seisoen in die kykNET-kombuis en hierdie keer trek die reeks ʼn byderwetse stadsbaadjie aan.

Soos met die vorige twee reekse van Kokkedoor, wat onderskeidelik in 2013 en 2014 uitgesaai is, sal Hetta van Deventer-Terblanche en Nic van Wyk weer die beoordelaars wees. Van Deventer-Terblanche en Van Wyk sal deur die bekende kosskrywer- en blogger, Sam Woulidge, bygestaan word.

“Vir die derde reeks gaan 30 deelnemers, wat bestaan uit 20 onthoukokke en 10 kinkelkokke, in Kaapstad aanmeld, maar 10 onthoukokke gaan sommer direk na die eerste episode se uitdaging die trekpas kry,” verduidelik Van Wyk in ʼn mediaverklaring.

“Dan gaan tien spanne, wat elk bestaan uit ʼn kinkel- en ʼn onthoukok, dit uitspook vir die Kokkedoor-kroon.”

Daar is ook groot pryse op die spel en vir die wenners van Kokkedoor gee Suzuki Suid-Afrika elkeen ʼn spoggerige Swift. Vir Kokkedoor se wenspan se onthoukok is daar R200 000 kontant met komplimente van ons spens- en hoofborg, Food Lover’s Market. Die wenspan se kinkelkok ontvang ook ʼn R200 000-meevaller van ClemenGold. Die naaswenners ontvang elkeen R100 000 kontant van Spekko.

Wat is ʼn onthoukok? Hulle is die fakkeldraers vir onthoukos en al het hulle nie formele sjefs-opleiding en professionele ondervinding nie, klop hul harte warm vir tradisionele kos. Vir inspirasie span hulle herinneringe en beproefde metodes van ma’s, oumas en tannies uit die huiskombuis in. Onthoukokke word gekies vir hul vernuf as ʼn huiskok en hul kennis en passie vir onthoukos.

Wat is ’n kinkelkok? ʼn Kinkelkok se uitdaging is om hul sjefskwalifikasies, professionele kombuis-ervaring en uitstekende tegniese vaardighede vir vernuwing in te span. Kinkelkokke word gekies vir hul kwalifikasies en/of hul ondervinding in ʼn erkende restaurant en professionele kombuis.

Só lyk vanjaar se onthoukokke:

Georgina Damons, Knysna

Georgina Damons.

Georgina Damons.

Gerda Buter, Standerton

Gerda Buter.

Gertals Smith, Mitchells Plain

Gertals Smith.

Jaco Nel, Heidelberg

Jaco Nel.

Lientjie Wessels, Cullinan

Lientjie Wessels.

Madelein Roets, Philadelphia

Madelein Roets.

Mariana Kotze, Standerton

Mariana Kotze.

Mariette Aucamp, Koffiefontein

Mariette Aucamp.

Marlene Wessels, North Riding

Marlene Wessels.

Ralph Farmer, Krugersdorp

Ralph Farmer.

Rita Willers, Bloemfontein

Rita Willers.

Salome Froneman, Dundee

Salome Froneman.

Sanette Louw, George

Sanette Louw.

Sonja de Beer, Pretoria

Sonja de Beer.

Tino Williams, St. Helenabaai

Tino Williams.

Tippie Enslin, Randburg

Tippie Enslin.

Tossie van Rensburg, Caledon

Tossie van Rensburg.

Werner du Toit, Stilbaai

Werner du Toit.

Wilhelmina Garcao, Bloemfontein

Wilhelmina Garcao.

Zelda Els, Hopefield

Zelda Els.

Só lyk vanjaar se kinkelkokke:

Anmar Wilding, Wellington

Anmar Wilding.

Annelize Visser, Woodstock

Annelize Visser.

Danie du Toit, Kempton Park

Danie du Toit.

Ilana Gossmann, Newcastle

Illana Gossman.

Pasch du Plooy, Heilbron

Pasch du Plooy.

Pieter Malan, Witrivier

Pieter Malan.

San-Marie Kotze, Bredasdorp

San-Marie Kotze.

SJ Nel, Stellenbosch

SJ Nel.

Snoes Gildenhuys, Stellenbosch

Snoes Gildenhuys.

William White, Hartswater

William White.

Kokkedoor word van Donderdag 18 Julie om 20:00 op kykNET vir 13 episodes uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gerhard ·

Dankie KYKNET, Nog ‘n bedrogspul. een vd “onthoukokke het voorheen haar eie restaurant gehad, doen spysenering en bied steeds ‘fancy’ betaal etes aan. baie onregverdig teenoor die ander deelnemers…..

S Maas ·

Waarim kan ons nie hierdie program op OVHD kanale te siene kry nie? Oorweeg dit bietjie i.p.v. om ou pragramme tot vervelens toe op OVHD te herhaal. Dit ís immers ñ Suid Afrikaanse program wat lyk my slegs net tot bevoorregte persone se beskikking is.

J ·

Die redenasie werk glad nie. Dan die Bokke, Proteas, enige afrikaanse of Suid-Afrikaanse ding moet free wees? Ek dink 90% van Saffas verstaan nie hoe werk broadcasting nie. As jy wil kyk, betaal, wees bly ons is nie op PayPerView nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.