Gewilde sangeres slaan rol in geliefde sepie los

Amor Vittone vertolk die rol van Zelda (Foto: Facbeook)

Amor Vittone vertolk die rol van Zelda (Foto: Facebook)

Die gewilde sangeres en televisie-aanbieder, Amor Vittone, gaan haar lyf ook nou aktrise hou nadat sy ʼn rol in die sepie, 7de Laan, losgeslaan het.

Amor het die nuus Maandag met aanhangers op sosiale media gedeel.

“Die oudisies is afgelê en ek het ʼn fantastiese rol gekry. Ek begin Woensdag opneem. Baie dankie aan die produksiespan vir jul vertroue,” het sy geskryf.

Die sangeres het nie op haar laat wag om die dialoog te leer nie. Sy het ná 11 ‘moeë’ ure op stel, twee foto’s van haar karakter gedeel.

“Na 11 ure se werk is my brein so moeg van woorde onthou,” het sy geskerts. “Die span is wonderlik. Nou is dit weer tyd om nog te leer.”

Rosa-Marie Erasmus, 7de Laan se woordvoerder, het gesê Amor se karakter, Zelda, gaan bietjie amok in die laan gaan maak.

“Haar karakter het ʼn familielid in die Laan, maar ons wil nog nie verklap wie nie. Sy kom kuier vir die familielid en veroorsaak aanvanklik geen probleme nie. Sy veroorsaak  later egter bietjie probleme voordat sy weer vertrek,” het sy gesê.

Só lyk haar karakter se naels (Foto: Facebook)

Só lyk haar karakter se naels (Foto: Facebook)

Erasmus sê Amor pas glo uitstekend in die skoene van haar karakter. “Sy speel die rol so fantasties, ons kon regtig nie iemand beter gekry het om die karakter te vertolk nie.”

Sy is vanaf 29 November op die kassie te sien. 7de Laan word weeksaande om 19:00 op SABC 2 uitgesaai.

Amor kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Johannes ·

ek kyk nie nie en luister nie sauk nie al vir jare al nie

Annette ·

Ek is mal oor Amor. Seker maar omdat ek nie n afgod maak van die blou bulle nie. Maar wat ek eintlik wil se is: Ek kyk al seker 4 jaar nie meer 7de. Laan nie. Snaaks ek is seker julle ken haar nie persoonlik nie, en ek ook nie, maar ek hou van haar en die feit dat sy nog steeds haar X ondersteun en help is fantasties.

Luister ·

Ek hou van haar, en haar sang.
Sal nooit verstaan hoekom mense wat nie van iemand, of ‘n onderwerp hou nie, dan
tog die berig lees.

Kobus ·

Hulle lees dit om op hoogte van sake te wees. Min mense hou van Zuma, maar tog lees hulle die berigte oor hom.

Ouma mix ·

Wel ek hoop ons sal meer van haar sien as wat ons van oubaas moet sien en hoor hys sooooooo pateties ek kani glo lat hy met sy dom gesig nog daar is nie

Marie ·

Baie geluk Amor…….. Kyk Ongelukkig nie 7deLaan laaankal meer nie, maar baie sukses!

Ronnie ·

7e Laan? Wat is dit nou weer? Daardie storie waarin Bobby en JR Ewing gespeel het?

Helen ·

Weet julle los haar uit ek is baie bly vir haar ek het die eer gehad om haar persoonlik te ontmoet en sy is ń fantastiese mens binne en buite baie geluk Amor jy verdien dit

Freud ·

Dankie tog ek hoef nie daaraan onderwerp te word nie. Of enige ander SABC program nie. Die lewe is heerlik sonder ‘n tv.

Irene ·

Ag nee is daar nie nuwe jong gesigte vir 7de laan nie kyk dit al lank nie meer nie klink soos days

Alicia ·

Whoop Whoop!! Dis gaan interressant wees! Ek is ‘n 7de laan verslaafde. Kan nie wag nie!!!

Shanna ·

Wow! Amor, jou talente ken geen perke nie. Die klomp hier is net bietjie groen.. Baie geluk! Kan nie wag om jou in aksie te sien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.