Gewilde sangers sluit aan by ‘The Voice SA’

Riana Nel (Foto: innibos.co.za)

M-Net het Sondagaand in ʼn verklaring gesê die gewilde Suid-Afrikaanse sangers Riana Nel, Elvis Blue, Jimmy Nevis en Emo Adams sluit eersdaags as mede-beoordelaars by The Voice SA aan.

Die agter-die-skerms-oudisies vir die tweede seisoen is vroeër in Maart voltooi en al die afrigters, Karen Zoid, Bobby van Jaarsveld, Lira en Kahn Morbee, gaan dié seisoen met die sogenaamde “battle rounds” hulle mede-beoordelaars nader hark om onder meer te help om die finaliste af te rig.

“Die vier mede-beoordelaars gaan help om die finaliste te mentor en ook met die stemopleiding en afrigting vir optredes,” lui die verklaring.

In die jongste episodes gaan Lira saam met Riana werk, Emo Adams en Karen Zoid gaan kragte saamsnoer, Bobby en Jimmy Nevis is in ʼn span en Elvis Blue gaan Kahn se finaliste help afrig.

Elke afrigter het 12 finaliste in sy span. In die “battle rounds” sing die finaliste van dieselfde groep in groepe van twee teen mekaar totdat daar uiteindelik net ses finaliste oor is.

Dié rondes begin op 2 April.

The Voice SA word op Sondae om 17:30 op M-Net uitgesaai. ʼn Herhaling is Maandae om 18:00 ook op M-Net te sien.

Vir meer inligting besoek M-Net se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.