Gewilde TV-man kry die jawoord

Tiaan Langenegger en Nadia Barnard (Foto: Instagram)

Tiaan Langenegger, aanbieder van kykNET se gewilde Koekedoor-werklikheidsreeks, en sy vriendin, Nadia, is verloof.

Langenegger het dié nuus op sosiale media gedeel.

“Ek is verloof aan my beste vriendin! Dankie Nadia Barnard dat jy alles so spesiaal maak en [ook] vir ʼn great naweek weg saam met jou. [Ek is] baie lief vir jou! Ek sien uit na ons lewe saam,” het hy op Instagram geskryf.

Die gewilde koskenner het vroeër vanjaar aan kykNET vertel sy kos is uit en uit sy grootste passie omdat hy in die meeste gevalle baie kreatief kan wees. Hy het ook gesê as voormalige deelnemer aan ʼn soortgelyke werklikheidsreeks is dit dikwels moeilik om ʼn deelnemer nié reg te help nie.

“Daar was oomblikke wat die beoordelaars kon sien dat ’n deelnemer besig is om aan te jaag, en dan moet ’n mens hard op jou tong byt om niks te sê nie. In so ’n geval moet ’n mens ook die persoon se vermoë om ’n fout reg te maak toets, en as jy hulle help, neem jy dit weg van hulle. Ek sê altyd daar is ’n regte en ’n verkeerde manier om iets te doen, maar baie keer meer as een regte manier.”

Langenegger en sy spanmaat, Mynhardt Joubert, was in 2013 die wenners van die eerste seisoen van Kokkedoor. Hy het al verskeie kosboeke die lig laat sien, waaronder Makietie saam met Joubert, asook Sondagtafel. Hy werk al vir langer as tien jaar as professionele sjef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sannie ·

Baie geluk Tiaan mag julle baie gelukkig wees. Sy is gelukkig om ‘n sjef vir ‘n man te hê, bederf haar. Kyk jou gereeld op Skole Kook. Voorspoed vir julle twee.

Hendrik ·

Soos ek ook genoem het van die bekendheid van Ed Sheedan het ek hierdie een ook gemis. Miskien omdat ek nie ‘n TV het nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.