Goeie nuus vir DStv Premium-klante

Hier is goeie nuus vir klante in Suid-Afrika met ʼn DStv Premium-pakket: die internet-televisiediens Showmax is nou gratis vir jou beskikbaar!

Benewens Showmax se katalogus van meer as 25 000 televisie-episodes en flieks deur die DStv Explora-dekodeerder, sal DStv Premium-klante nou ook toegang kry tot Showmax deur die DStv Now-app op hul rekenaar, skootrekenaar, mobiele toestel of slim-TV.

“Al hoe meer klante sê hulle is dol daaroor om reekse te vraatkyk op DStv Catch Up en Showmax. Dis die rigting waarin die wêreld beweeg en daarom bied ons aan al ons Premium-klante dié uitsonderlike ervaring,” verduidelik Mark Rayner, uitvoerende hoof van Multichoice South Africa.

DStv Premium-klante kan reeds die jongste plaaslike en internasionale inhoud eerste op DStv sien en kan nou vorige seisoene van hul gunstelingreekse ook op Showmax sien. Dis die beste manier om ʼn reeks van die begin af te kyk – deur na die vorige seisoene op Showmax te kyk, en dan die jongste seisoen op DStv te volg.

Showmax bied ook programme wat nêrens anders te sien is nie. Van die reekse wat eksklusief op Showmax beskikbaar is, sluit in The Young Pope (met Jude Law en Diane Keaton), Taboo (met Tom Hardy), Younger (waaroor Glamour Magazine geskryf het “daar is niks op televisie wat Sex and the City só vasvang soos Younger nie), Kingdom (met Nick Jonas) en Class (ʼn opvolg van Dr Who wat by Coal Hill School in Londen afspeel).

Showmax het onlangs ook Harlots (Variety sê “dis waar Downtown Abbey en Game of Thrones mekaar ontmoet”), en TUT (met Ben Kingsley) by hul katalogus bygevoeg.

Van Oktober is die derde seisoen van Mr Robot beskikbaar (elke week ʼn nuwe episode – vars uit Amerika) en al sewe seisoene van Game of Thrones.

‘n Showmax-inskrywing bied klante toegang tot twee gelyklopende strome op verskillende toestelle: die ouers kan dus hul programme op die grootskermtelevisie kyk en die kinders kan tekenprente op hul tabletrekenaar kyk.

Showmax gee klante ook die opsie om tot 25 televisieprogramme en flieks af te laai op ʼn slimfoon of tablet om dit later te kyk. Dis perfek vir lang reise en vlugte!

ʼn Skakel is op die DStv Now-app beskikbaar om seker te maak jy kan so maklik as moontlik by Showmax aansluit. Premium-klante kan tot vier mobiele toestelle soos slimfone en rekenaars gebruik om toegang te bekom tot die DStv Now-app.

Só voeg jy Showmax by op jou DStv-rekening:
– Gaan na showmax.com en teken in of registreer vir Showmax
– Gaan na “Manage Account” en klik op “Manage Subscription”
– Kies “DStv add to account” volgens jou betalingsmetode
– Teken in met jou DStv-besonderhede (Connect ID) en aanvaar die bepalings en voorwaardes
– Voeg Showmax by jou DStv-rekening
– Kyk nou jou gunstelingprogramme by showmax.com – deur jou Explora of deur die Showmax-app op jou slimfoon, rekenaar of tablet!

Nog steeds onseker hoe om aan te sluit? Klik hier vir volledige besonderhede

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.