Goeie nuus vir ‘Suidooster’-kykers

Suidooster (Foto: Facebook via Suidooster)

Aanhangers van die kykNET-sepie Suidooster kan van volgende jaar uitsien na nóg meer Suidooster-familiedrama wanneer dié sepie vyf keer per week op die kassie te sien gaan wees.

Dié bykomende episode sal vir die eerste keer op 6 April uitgesaai word.

Karen Meiring, direkteur van kykNET-kanale by M-Net, sê dié besluit is gemaak op aandrang van die kykers.

Suidooster-kykers is ongelooflik entoesiasties oor die sepie en vra al van die eerste episode of dié sepie nie vyf dae ’n week kan wys nie,” sê Meiring. “Dit is regtig lekker vir kykNET om dié nuus voor Kersfees bekend te maak dat die Samsodiens, Octobers, Du Plooys, Gerbers, Daniels-broers en die res van Ruiterbosch se inwoners uiteindelik elke weeksdag in Suid-Afrikaanse sitkamers gaan kuier.”

Die aktrise Denise Newman, wat die rol van Bridgette October vertolk, sê die hele rolverdeling hou al lank duim vas vir ʼn vyfde episode. “Hoewel ons meer woorde gaan moet leer, doen ons dit met ’n glimlag, want Suidooster se aanhangers verdien ’n Vrydag-episode. Hul ondersteuning vir die sepie is verstommend,” vertel sy.

Die eerste episode van dié sepie is op 16 November 2015 uitgesaai en het begin met drie episodes per week.

Suidooster is tans van Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET en kykNET & kie te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Hester ·

Ek is so bly my gunsteling luv them all????? jul kan dit sewe dae n week maak

bgj van der westhuizen ·

hulle kan gerus alles vervang met beter goed alles herhalings aan een

Anna ·

Uiteindelik iets om na uit te sien op n Vrydagaand. Liewe ouers ons is so moeg om na Toks en Tjops te kyk. Bring Bruno op Via terug en gee ons ordentlike flieks op Saterdagaande. Was mal oor Dryfsand en Hart van Staal op Sondagaande. (Asseblief Karen Meiring ons is so moeg vir die ou wit en swart flieks en afgesaagde herhalings van jare toet se Reghardt van den Berg films). En nou herhaal julle Vallei van Sluiers tot vervelens toe.

Annette ·

Goeiste maar dis goeie nuus! Dankie Karen, kan nie wag nie! Een van die lekkerste sepies om te kyk!!!!

Hannelie ·

BAIE DANKIE vir ons groot kersgeskenk. Ek kan nie wag nie!!! My gunstelingsepie naas Binnelanders.

Uncle Buck ·

Snaaks hoe aanvaarbaar dit geraak het om te lieg en bedrieg en die norm is opwindend. Dieselfde storie gebeur in al die sepies net met ander karakters en ‘n klein verandering in die gebeure. Het geen behae meer in die goedkoopsnert wat opgedis word wat die oorsaak is dat alle norms van waarde afgebreek word en ons is gelukkig daarmee. Tog so jammer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.