kykNET het Maandagoggend goeie nuus aangekondig vir laatslapers wat die eerste reeks van die gewilde Suid-Afrikaanse The Voice-sangkompetisie misgeloop het.
Dié reeks word van 6 Junie om 20:30 weer uitgesaai op kykNET NOU, DStv kanaal 146.
Maryke Allers, kykNET se mediabestuurder, sê The Voice SA was die aansteeklikste plaaslike weergawe van ’n werklikheidsprogram nóg. Dié program het sy oorsprong in The Voice of Holland gehad.
The Voice was ʼn treffer in die VSA, Australië en Engeland waar bekendes soos Adam Levine, Blake Sheldon, Christina Aguilera, Shakira, Pharrell Williams, Kylie Minogue en Ricky Martin in die ikoniese rooi stoele ingeskuif het.
“Die plaaslike weergawe van The Voice is aangebied deur die sjarmante TV-persoonlikheid Lungile Radu en die spitsvondige radio-omroeper Stacey Norman. Die afrigters was Karen Zoid, Kahn Morbee, Lira en Bobby van Jaarsveld. Of kykers nou vir #TeamKaren, #TeamKahn, #TeamLira of #TeamBobby ondersteun het, die reaksie op sosiale media het duidelik laat blyk dat al vier afrigters saam gesorg het vir topvermaak,” het sy gesê.
Dié reeks het ook verskeie inspirerende musieklegendes as gaste op die verhoog verwelkom, onder wie die Grammy-wenners Ladysmith Black Mambazo.
“Hoewel die reeks verby is, is die opwinding nog lank nie verby nie: binne 48 uur ná die uitreiking van die eerste The Voice SA-album asook enkelsnitte van die 13 top-deelnemers, het die sangtalent van dié kompetisie koning gekraai op die Suid-Afrikaanse iTunes-treffersparade – sowel op die album- as enkelsnit-trefferslyste,” het Allers bygevoeg.
Universal Music het intussen ook aangedui hulle wil opnamekontrakte aanbied aan tien Voice-deelnemers. Dit volg nadat twee van die agt top-deelnemers, Zoë Modiga en Thembeka Mnguni, reeds by Universal geteken het.
The Voice SA moet liewers die miljoene rande wat ons spandeer het aan stemme en nooit gebruik het nie terug betaal. Hulle het van so goeie show so swak laat eindig!!
My siening is weer dat hulle deur iemand (soos die snertpolisie) ‘n boete moet opgelê word dat hulle ooit sulke snert begin het.
Ek dink weer dat hulle deur iemand (soos die snertpolisie) ‘n boete behoort opgelê te word dat hulle ooit sulke snert begin het.
The Voice SA is net n groot klug spel. Daar is hoeveel keer deelnemers wat amazing gesing het, dan word hul huistoe gestuur, en almal stem dat die persoon wat huistoe is nog moes gebly het. Die paar keer wat ek gekyk het het dit gebeur. Heeltemal belangstelling verloor, so dit is nie iets wat ek weer sal wil kyk nie.
Ek stem saam Wipgat.
The Voice SA was super cool! Ek kon nie wag vir Sondag nie. 100 keer beter as idols. Wanneer kom die tweede een ?