Golden Globes 2022: Western-dramafliek, satire-reeks loop voor

Kristen Stewart vertolk die rol van prinses Diana in ‘Spencer’. Sy is benoem vir ‘n Golden Globe-toekenning vir haar rol in dié fliek. (Foto: Amy Sussman/GETTY IMAGES NORTH AMERICA/Getty Images via AFP)

Die benoemings vir die 79ste jaarlikse Golden Globe-toekennings is Maandag bekend gemaak. Die benoemings is deur die kletsrymer Snoop Dogg aangekondig.

Die flieks The Power of the Dog en Belfast is die voorlopers met sewe benoemings elk. Die HBO-dramareeks Succession is die televisiereeks met die meeste benoemings (vyf), met Apple se Ted Lasso en The Morning Show kort op dié reeks se hakke met vier benoemings elk.

Rolprente

The French Dispatch, Encanto, The Power of the Dog, Parallel Mothers en Dune is benoem vir beste klankbaan.

In die kategorie vir beste regisseur is Kenneth Branagh van Belfast, Jane Campion van The Power of the Dog, Maggie Gyllenhaal van The Lost Daughter, Steven Spielberg van West Side Story en Denis Villeneuve van Dune benoem.

Marion Cotillard van Annette, Alana Haim van Licorice Pizza, Jennifer Lawrence van Don’t Look Up, Emma Stone van Cruella en Rachel Zegler van West Side Story is benoem vir beste aktrise in ʼn musiekblyspel of komedie.

Jessica Chastain van The Eyes of Tammy Faye, Olivia Colman van The Lost Daughter, Nicole Kidman van Being the Ricardos, Lady Gaga van House of Gucci en Kristen Stewart van Spencer is benoem vir beste aktrise in ʼn drama.

Mahershala Ali van Swan Song, Javier Bardem van Being the Ricardos, Benedict Cumberbatch van The Power of the Dog, Will Smith van King Richard en Denzel Washington van The Tragedy of Macbeth is benoem vir beste akteur in ʼn drama.

Televisie

Jason Sudeikis, wenner van vanjaar se Emmy-toekenning as beste akteur in ʼn komediereeks vir ‘Ted Lasso’, glimlag vir die kameras by die 73ste Emmy-toekennings op 19 September 2021. Hy is vir ‘n Golden Globe-toekenning vir sy rol in die reeks benoem. (Foto: Rich Fury/Getty Images Noord-Amerika/Getty Images via AFP)

Anthony Anderson van Black-ish, Nicholas Hoult van The Great, Steve Martin en Martin Short van Only Murders in the Building en Jason Sudeikis van Ted Lasso is benoem in die kategorie vir beste akteur in ʼn musiekblyspel- of komediereeks.

Hannah Einbender van Hacks, Elle Fanning van The Great, Issa Rae van Insecure, Tracee Ellis Ross van Black-ish en Jean Smart van Hacks is benoem in die kategorie vir beste aktrise in ʼn musiekblyspel- of komediereeks.

Brian Cox en Jeremy Strong van Succession, Lee Jung-jae van Squid Game, Billy Porter van Pose en Omar Sy van Lupin is benoem in die kategorie vir beste akteur in ʼn dramareeks.

Uzo Aduba van In Treatment, Jennifer Aniston van The Morning Show, Christine Baranski van The Good Fight, Elisabeth Moss van The Handmaid’s Tale en Mj Rodriguez van Pose is benoem in die kategorie vir beste aktrise in ʼn dramareeks.

In die kategorie vir beste akteur in ʼn beperkte reeks- of televisierolprent is Paul Bettany van WandaVision, Oscar Isaac van Scenes From a Marriage, Michael Keaton van Dopesick, Ewan McGregor van Halston en Tahar Rahim van The Serpent benoem.

Jessica Chastain van Scenes From a Marriage, Cynthia Erivo van Genius: Aretha, Elizabeth Olsen van WandaVision, Margaret Qualley van Maid en Kate Winslet van Mare of Easttown is benoem in die kategorie vir beste aktrise in ʼn beperkte reeks- of televisierolprent.

Lupin, The Morning Show, Pose, Squid Game en Succession is benoem in die kategorie vir beste dramareeks.

Jennifer Coolidge van White Lotus, Kaitlyn Dever van Dopesick, Andie MacDowell van Maid, Sarah Snook van Succession en Hannah Waddingham van Ted Lasso is benoem in die kategorie vir beste aktrise in ʼn ondersteunende rol in ʼn beperkte reeks- of televisierolprent.

Billy Crudup van The Morning Show, Kieran Culkin van Succession, Mark Duplass van The Morning Show, Brett Goldstein van Ted Lasso en Oh Yeong-su van Squid Game is benoem in die kategorie vir beste akteur in ʼn ondersteunende rol in ʼn beperkte reeks- of televisierolprent.

The Great, Hacks, Only Murders in the Building, Reservation Dogs en Ted Lasso is benoem vir beste musiekblyspel- of komediereeks.

Dopesick, Impeachment: American Crime Story, Maid, Mare of Easttown en The Underground Railroad is benoem in die kategorie vir beste beperkte reeks- of televisierolprent.

Die Golden Globes word op 9 Januarie uitgedeel.

Kyk hier vir ʼn volledige lys van benoemings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.