Groot Afrikaanse konserte tydens feesseisoen op kykNET

(Foto: kykNET)

As jy gedurende die jaar ʼn groot Afrikaanse konsert of twee misgeloop het, kan jy dit gedurende Desember op kykNET sien.

kykNET-kykers kan uitsien na onder meer die kunstenaar Emo Adams se viering van 30 jaar in die musiekbedryf, Gospel Skouspel 2018 op Kersaand en Starlight Classics 2018 op Versoeningsdag.

Emo vier 30 jaar (Saterdag 15 Desember om 20:00):

Emo Adams vier 30 jaar in die musiekbedryf by die Grand West-arena in Kaapstad. Beleef hierdie hoogtepunt wat ook bekendes soos Kurt Darren, Robbie Wessels, Tarryn Lamb, Katlego Maboe en vele meer insluit. Daar is ook ʼn spesiale optrede deur Adams se pa, Omar Adams, asook die groep JAG.

Starlight Classics 2018 (Sondag 16 Desember om 10:30):

Hierdie Afro Simfoniese huldeblyk aan ons pragtige land bring ʼn versameling van diverse musikale talent en ongelooflike instrumentaliste saam onder die leiding van die dirigent Richard Cock. Die Kaapstad Filharmoniese Orkes en Mzansi Youth Choir tree op saam met Lira, Craig Lucas, Cecilia Rangwanasha, Siyabonga Maqungo, Amira Willighagen en Riana Nel.

Gospel Skouspel 2018 (Dinsdag 25 Desember om 21:30):

Tien van die land se top-gospelkunstenaars deel vanjaar die verhoog by Gospel Skouspel. Juanita du Plessis, Riana Nel, Jo Black, Joe Niemand, Retief Burger, Rouchelle Liedemann, Johan Brits en Henry Pike is in dié gewilde vertoning te sien.

Die immergewilde groep Romanz het ook ʼn eksklusiewe reünie-optrede by Gospel Skouspel 2018.

Jay en Lianie May vermaak die gehoor tydens verlede jaar se Afrikaans is Groot-konsertreeks. (Foto: Stephen Elliott)

Afrikaans is Groot 2017 (Maandag 31 Desember om 21:30)

Afrikaans is Groot is ʼn jaarlikse hoogtepunt op die vermaakkalender. Konsertgangers is vanjaar vermaak met van die grootste Afrikaanse no. 1-liedjies en deur gunsteling-kunstenaars asook asemrowende visuele vermaak.

Kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Riana Nel, Bobby van Jaarsveld, Laurika Rauch, Juanita du Plessis, Karlien van Jaarsveld, Elvis Blue, Corlea Botha, Touch of Class, Monique Steyn, Jannie Moolman, Jay, Dewald Wasserfall, Die Heuwels Fantasies, Snotkop, Kurt Darren, Liani May, Bok van Blerk, Refentse Morake, Loki Rothman, Arno Jordaan en die hoogs professionele orkes, het wêreldklas vermaak aan konsertgangers verskaf.

Skakel in op kykNET, DStv-kanaal 144.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.