Gunstelingkarakters kry sáám lewe in nuwe reeks

Yollie en Ouboet (Foto: Verskaf)

Yollie, Boeboe, Ouboet en Hendrikkie – karakters uit die televisiereekse Orkney snork nie, Vetkoekpaleis en Molly en Wors – gaan binnekort vir nóg groter moleste op die dorp sorg wanneer dié gewilde karakters sáám op die kassie te sien gaan wees.

ʼn Splinternuwe komediereeks uit die pen van Willie Esterhuizen bring dié gunstelingkarakters weer bymekaar.

Die eindresultaat van dié samevoeging is ʼn komiese reeks met Frank Opperman as Ouboet van Orkney en Wors Visagie (Willie Esterhuizen), sy staatmakervriend, as entrepreneurs aan die buitewyke van Johannesburg. Beide karakters se vroue word ook in dié nuwe avontuur saamgesleep – Yollie (Sally Campher) en Molly (Liz Meiring) sorg dat die mans op hul tone gehou word.

Die kinders, wat nou al mooi groot is, maak ook gereeld hul verskyning in die reeks. Hendrikkie (Kaz McFaden) en Gielie (Wynand von Vollenstee) beloof om baie genot na die kassie te bring, terwyl Boeboe (Liane Heyl) terug is in al haar glorie. Die geliefde Boeboe het haar Vetkoekpaleis-hoedjie opgehang en is nou aan die stuur van die Beauty with Boeboe-salon.

Ouboet en Wors is vanaf Oktober 2017 op kykNET, DStv-kanaal 144, te sien.

Onthou ook

Die soektog vir Sarie se gesogte voorbladgesig-model begin Maandag om 17:30 op kykNET. Vir meer inligting, besoek die kykNET-webwerf.

Yollie en Ouboet (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Scalla ·

Sien uit na die reeks, dankie Willie vir jou humor, jy mag maar.

Ivor ·

Baie jammer ons wat nie DSTV kan bekostig nie sal dit nie te sien kry nie. 10 jaar later dalks op SAUK se middernag tydgleuf soos hulle met NCIS gemaak het. Niemand is daai tyd meer wakker nie. Groetnis Ivor.

Chris ·

Aiii, hoe jaloers is ek nou. Ek sal so graag die reeks wil sien, maar ek woon in Europa. Ons het Showmax hier, maar die Kyknet-programme is net in Engeland beskikbaar – blykbaar ‘n zone issue volgens Showmax.
Gieniet die nuwe reeks almal!

Carina ·

Ai..Wat van ons ander mensies wat nie DSTV het nie??ons wil dit ook sien..Hoop jul sal dit op SABC2 ook sit sodat ons dit ook kan sien

Ashlee ·

Julle gaan my nou braai, maar ek dink die twee is simpel, en laat my dink aan twee mense wat vroeg-vroeg skool moes verlaat. Dit is die karakter wat hulle, en veral hy, speel. Dieselfde met mr Bean.

jack Daniel ·

?Thumbs up Ashlee! Defnitief nie a favourite nie. Al twee! Pass

Henry ·

Hoekom is dit altyd dom mense wat “snaaks” is? Daar is bittermin skerp humor. Net dom mense wat hulle name gat maak. Seker oor dit makliker is om sulke flaters uit te dink…

TM ·

Ek hoop regtig dit gaan snaaks wees soos die Afrikaanse komedies van die 80’s en 90’s. Deesdae se Afrikaanse humor is platvoers en vlak. Orkney Snork Nie bly vir my die snaakste komedie tot nog toe, want die karakters was natuurlik en die humor skerp. Ek hoop Willie gebruik Orkney se resep om hierdie reeks te maak. En bring asseblief vir Spike ook terug sodat Ouboet, Wors en Spike saam nonsens kan maak. Sien uit na die reeks.

HA ·

Dis fantastiese nuus. Willie, Frank, Sally en Liz is ‘n goeie resep vir ‘n skreeusnaakse komedie. Ons sien uit.

Susan ·

Ag kan Frank (Ouboet) nie maar vervang word met ‘n “2de man” vir Yollie nie. Hy is kamma snaaks en irriteer my en die meeste mense wie ek ken. Die ander karakters is regtig snaaks in hulle eie velle.

A. Mac ·

Iets om na uit te sien, solank die skrywers net weet dat daar ‘n verskil is tussen komedie en vulgariteit. Hoop net dis beter as van die programme op Kyknet se kanale want van die programme grens aan die belaglike, en nie eers die groot name en persoonlikhede kan dit red nie.

Yvonne Gregerowski ·

Wow wow wow!!! Groot fan van al die Afrikaanse legendes…bring Maggie en Tannie Poppie ook in die prentjie…dit sal interresant wees…awesome kannie wag nie. Sit dit ook op dvd asb…die hele reeks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.