Het jy bietjie inspirasie nodig? Kry pitkos op Showmax

Showmax bied ʼn hele paar reekse en flieks om jou geloof te versterk as jy bietjie inspirasie nodig het.

Deep & Meaningful with Dawn Faith

Ná haar kind in 2013 vroeggebore en gesterf het, het Dawn besef dat talle vroue soortgelyke ervarings beleef, en tog is niemand bereid om daaroor te praat nie. Met Deep & Meaningful werp sy die lig op moeilike ervarings en hou gesprekke oor liefde, verlies en die lewe.

Moenie gewone onderhoude in dié reeks verwag nie – die dialoog is nie vooraf saamgestel nie en vloei natuurlik wanneer Dawn openlik met haar gaste gesels – hoe om te leer om die foute te aanvaar wat jy as ouer maak, tot die belangrikheid om jou identiteit en selfwaarde te begryp, geslagsgelykheid en die rol van geloof in jou lewe.

Kyk die 13 episodes nou beskikbaar op Showmax.

Sewentig Maal Sewe

Op een of ander manier, toe almal moed opgegee het, kry ʼn man ondersteuning uit ʼn onwaarskynlike oord. Maar kan hy homself vergewe? Dié dramareeks handel oor liefde, verlies en vergifnis. Kyk die reeks nou op Showmax.

Rowwe Diamante

Dis nie maklik om ʼn tiener te wees nie, maar dié tiener vind uit ʼn bietjie hulp van vriende en God kan jou ver bring. Kyk die fliek nou op Showmax.

Reload

Francois was op pad na nêrens nadat sy pa hom verwerp en hy hom tot dwelmmiddels en alkohol gewend het. God het hom egter die weg gewys in dié aangrypende ware verhaal. Kyk die fliek nou op Showmax.

Forsaken

Soms word ons geloof getoets, soos wanneer ʼn kind baie siek word. Maar dis nie die tyd om jou geloof te verloor nie – dan moet jy juis daarvoor baklei. Kyk die fliek nou op Showmax.

Suiderkruis

Wanneer haar kanker terugkeer, besluit Lana om nog op een reis te gaan saam met haar virende. Dit gaan hulle almal se lewens verander. Kyk die fliek nou op Showmax.

 

 

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie flieks en reekse is beskikbaar op Showmax vir kykers plaaslike en in die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?

Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.