Hier is die 2016 Safta-benoemings

Die Saftas. Foto: http://nfvf.co.za

Die Saftas. Foto: http://nfvf.co.za

Die benoemings vir die 10de Saftas (Suid-Afrikaanse fliek- en televisietoekennings) is onlangs bekendgemaak en gunstelingprogramme soos Noot vir Noot en Republiek van Zoid Afrika staan ʼn kans om die goue beeldjie huis toe te neem.

Die Saftas, wat sedert 1996 die bestes in die Suid-Afrikaanse televisie en rolprentindustrie vereer, vind op 18 en 20 Maart by Gallagher Estate in Johannesburg plaas. Die tweede geleentheid op 20 Februarie gaan regstreeks uitgesaai word, met die gewilde televisie-aanbieder Katlego Maboe as die seremoniemeester.

Daar is vanjaar meer as 450 benoemings in 90 kategorieë. Die satiriese program, ZA News: Puppet Nation, is vanjaar die voorloper met 11 benoemings.

Kyk hier wie is almal benoem:

Televisie

Beste dramareeks
Matatiele
Saints and Sinners
Umlilo

Beste komedie
Ga Ra Dumele
Kota Life Crisis
Those Who Can’t
ZANews: Puppet Nation

Beste sepie
Isibaya
Ashes to Ashes
Rhythm City

Beste aktirse (TV drama)
Ntathi Moshesh (Saints and Sinners)
Linda Sokhulu (Shreds and Dreams)
Gugu Masondo (Shreds and Dreams)

Beste akteur (TV drama)
Bheki Mkhwane (Uzalo)
Siyabonga Radebe (Saints and Sinners)
S’dumo Mtshali (Saints and Sinners)

Beste aktrise (komedie)
Robyn Scott (Those Who Can’t)
Chantal Herman (Those Who Can’t)
Vatiswa Ndara (Kota Life Crisis)

Beste akteur (komedie)
Aggrey Loake (ZANews: Puppet Nation)
Mandla Gaduka (Gauteng Maboneng)
Nik Rabinowitz (ZANews: Puppet Nation)

Beste aktrise (sepie)
Leeanda Reddy (Isidingo)
Brümilda van Rensburg (Binnelanders)
Tema Sebopedi (Isidingo)

Beste akteur (sepie)
Vusi Kunene (Isibaya)
Motlatsi Mafatshe (Isidingo)
Siyabonga Thwala (Isibaya)

Beste TV-aanbieder
Johan Stemmet (Noot Vir Noot)
Danine Naidoo (Edge)
Stoan Seate (Afro Café)
Pabi Moloi (Eksê Zwakala)
Katlego Maboe (Expresso)
Riaan Cruywagen (kykNET Verslag)
Dingaan Mokebe (Speak Out)
Vele Manenje (Siyakholwa We Believe)
Katlego Maboe (Strictly Come Dancing)
Tumi Osei-Tutu (Our Perfect Wedding)
Chanley Wong (Craz-e)

Beste werklikheidsreeks
Ultimate Braai Master
Date My Family
Global Wheeling

Beste internasionale formaat program
The X Factor South Africa
Strictly Come Dancing SA
Celebrity MasterChef South Africa

Beste speletjiesreeks
Noot Vir Noot
Op Die Spel
Down for the Guap

Beste tydskrifprogram
Girl Eat World
Top Billing
The Man Cave

Beste geselsprogram
Republiek Van Zoid Afrika
Jou Show
I Am – Drug Abuse

Beste aktualiteitsprogram
It’s A Zama Zama
Dying For Water In Madibeng (Carte Blanche)
Insurance Taken For A Ride (Carte Blanche)

Flieks

Beste fliek
Ayanda
Dis Ek, Anna
For Love and Broken Bones

Beste fliek (vir televisie)
Ingoma
The Gift
Rise

Beste dokumentêr
The Shore Break
The Dream of Shahrazad
204: Getting Away With Murder

Beste aktrise
Fulu Mughovani (Ayanda)
Jana Strydom (Treurgrond)
Thishiwe Ziqubu (While You Weren’t Looking)

Beste akteur
Mduduzi Mabaso (For Love and Broken Bones)
Emanuel Gweva (Thina Sobabili)
Lionel Newton (While You Weren’t Looking)
Aubrey Poo (Ingoma)

Besoek die Saftas se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Ben

Baie dankie, ons het gou die datums gewysig soos versoek.

Groetnis
Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.