Hier is jou kans om die silwerdoek te haal

Foto: www.pixabay.com

Foto: www.pixabay.com

Het jy ʼn ontluikende jong rolprentster in die huis? Jaco Jacobs se jeugboek en kykNET-en-Rapport-wenner, Oor ʼn motorfiets, ʼn zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word, word binnekort in ʼn vollengte fliek vervaardig en ʼn landwye soektog na jong akteurs vir dié fliek is pas van stapel gestuur.

Die fliekweergawe, Nul is nie niks nie, is ʼn hartsverhaal oor die lewe, die dood, familie, vriende, liefde en hoop. Dis die verhaal van drie vriende, Hoender, Drikus en Chris, wat saam staan om Drikus se laaste droom te bewaarheid – om ʼn zombiefliek te maak.

Tydens hierdie proses begin Hoender sy pa se dood verwerk, hy maak nuwe vriende, kry selfvertroue en leer dat sy eie talente ook van waarde is. Drikus se lus vir die lewe, uithouvermoë en deursettingsvermoë bring die halfdooie gemeenskap bymekaar en blaas nuwe lewe en hoop in die dorp.

Die rolprentspan, met Stefan Enslin, van Strikdas-faam, en Lizé Vosloo as vervaardigers en Morné du Toit as regisseur, is op soek na meisies tussen die ouderdomme van 11 en 13 jaar, asook seuns tussen die ouderdomme van 11 en 13 jaar om die oudisies by te woon.

Plekke
Johannesburg: 9 en 10 April 2016
Plek: Ballywoods Office Park, Bryanston.

Kaapstad: 16 en 17 April 2016
Plek: Sal bevestig word

Karakters
Hoender – ʼn Eenkantkind en hoenderboertjie (seun)
Drikus – Hy is bang vir niks en ʼn aspirant fliekmaker. Hy lei ook aan Hodgkins se siekte (seun)
Chris – ʼn Regte flambojante rissiepit (dogter)
Safraas – ʼn Regte grootprater en te groot vir sy skoene (seun)
Waylon – Hy is oorgewig en is Safraas se pêl. Hy is die stut in die rugbyspan (seun)
Jolandi en Mandi – Tweeling (dogters)

Nota
Dis belangrik dat die kinders vlot Afrikaans kan praat. Vir meer inligting in verband met die oudisies kontak die span deur ʼn e-pos te stuur na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mia ·

my naam is mia van schalkwyk ,ek is 15 jaar oud ,maar baie mense skat my 12 omdat ek redelik klein is ? . Dis my droom om eendag n suksesvolle aktrise te word kan ek asseblief n foto van myself stuur? Groete mia .

Sune van Heerden ·

Dagsê Mia

Soos genoem in die berig, stuur gerus ‘n e-pos na die span wat die rolprent gaan vervaardig by [email protected].

Sterkte met jou groot droom!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Adele de Kock ·

Goeie dag, ek het van my foon af ook email gestuur met foto’s aangeheg van albei my seuns, alhoewel hul nie in die ouderdoms getalle nou val, hoop ons vir ‘n geleentheid in die toekoms.

Groete
Adele

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.