Hubare boere kan nóú inskryf vir ‘Boer soek ʼn vrou’

Marciel Hopkins is die aanbieder van die 13de seisoen van ‘Boer soek ‘n vrou’. (Foto: Sulet Fourie)

Suid-Afrikaanse boere wat hunker na liefde kan nou vir die 13de seisoen van die gewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou inskryf.

Dié reeks het sedert 2007 al vir talle Suid-Afrikaanse boere liefde gevind. Oor die afgelope 12 reekse is 17 paartjies wat deur dié program ontmoet het al getroud.

Nou is kykNET op soek na 2020 se oes van boere of plaasbestuurders, manlik of vroulik, wat deel wil wees van die splinternuwe seisoen.

Marciel Hopkins, die nuwe aanbieder van die reeks, glo dat Boer soek ʼn vrou ʼn lewensveranderende ervaring vir boere kan wees.

“Dit is ʼn geleentheid wat min mense in hul leeftyd sal kry, omdat boere mense gaan ontmoet wat hulle nooit andersins sou nie. Die mooiste van alles is dat een van hulle moontlik jou lewensmaat kan wees,” sê sy.

“Die proses is ʼn lekker uitdaging om iets buite jou gemaksone te doen, maar dit gaan ook jou hart laat vinniger klop, vir jou selfvertroue gee en jou bemagtig in die proses.”

Boere kan op die volgende maniere inskryf:

Belangrike inligting:

  • Foto’s en afskrifte van identiteitsdokumente moet inskrywings vergesel.
  • Diegene wat wil deelneem, moet ongetroud en ouer as 21 jaar wees.
  • Inskrywings moet die vervaardigers voor middernag op 21 Maart 2020 bereik.
  • Die 10 gekose boere sal teen 19 April 2020 in kennis gestel word.
  • Hou kykNET se sosiale media of die media dop vir die aankondiging oor 2020 se top-tien boere. Moontlike pasmaats sal dan hul beurt kry om vir dié boere briewe te skryf.
  • Die 13de reeks sal vanaf Oktober op kykNET uitgesaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Vriendelike Frikkie ·

Ongeag hoe hulle hierdie prentjie inkleur, Boer soek ‘n vrou, herinner my sterk aan ‘n veeveiling. Die verkoper, kykNET, bring die ware (gewillige dames), mark toe. Die boer kyk dan die beskikbare ware deur en besluit dan watter een gaan hy koop.
Kan jy regtig ware liefde op so ‘n manier vind? Voel vir my te veel of daar êrens in die Bybel (Spreuke 7) teen sulke dames gewaarsku word.

Anel ·

Ons het so af en toe na die mannewales gekyk, maar toe dit begin met boer soek ‘n broer, het ons die strepie getrek. Hoekom DSTV nie ‘n kanaal skep vir hierdie tipe mense gaan my verstand te bowe. Oral word die tipe dinge nou as reg voor gehou, maar asseblief, moet dit nie in ons ander se kele af druk nie. Volgens my Bybel is dit verkeer. Maar nou ja, vandag wil die mens mos hê die Bybel moet by hom aanpas en nie anders om nie. Alles wat mos reg is, is nou verkeerdven alles wat verkeerd is, is mos nou reg. My twee sent.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.