Hubare boere kan nóú inskryf vir ‘Boer soek ʼn vrou’

kykNET se werklikheidreeks, Boer soek ʼn vrou, het in die afgelope elf seisoene talle gelukkige paartjies opgelewer.

Hubare boere, wat ook die kans wil waag om liefde op die kassie te vind, kan nou vir die 12de seisoen van dié gewilde reeks inskryf.

In die vorige seisoen het die boere-Kupido se pyle vir boer Réan, ʼn wingerd-en-pekanneutboer op Groblershoop in die Noord-Kaap, en sy blouoog-blondekop Rox-zee, asook die eerste vroulike boer in die top-5 van die reeks, Toanette, en Nardus getref. Albei dié gewilde paartjies is steeds saam.

Boer Rèan en Rox-zee. (Foto: Instagram)

Boer Rèan en Rox-zee. (Foto: Instagram)

Boonop het die liefde ook vir een van die vorige seisoen se televisie-boere geblom. Boer André, wat in die Colesberg-omgewing in die Noord-Kaap met skape en angorabokke boer, staan eersdaags voor die kansel saam met Monja, wat in 2015 by een van die ander boere in die reeks vlerkgesleep het.

Nou is kykNET op soek na vanjaar se oes van boere of plaasbestuurders, manlik of vroulik, wat deel wil wees van die 12de seisoen.

 

Die gewilde sangeres, Leah, sal ook as aanbieder van Boer soek ʼn vrou terugkeer.

Voornemende boere kan op die volgende maniere inskryf:

Belangrike inligting:

  • Foto’s en afskrifte van identiteitsdokumente moet inskrywings vergesel.
  • Diegene wat wil deelneem, moet ongetroud en ouer as 21 jaar wees.
  • Inskrywings moet die vervaardigers voor middernag op 22 Maart bereik.
  • Die tien gekose boere sal teen 19 April in kennis gestel word.
  • Hou kykNET se sosiale media of die media dop vir die aankondiging oor 2019 se top-tien boere. Moontlike pasmaats sal dan hul beurt kry om vir dié boere briewe te skryf.
  • Die 12de reeks sal vanaf Oktober vanjaar op kykNET uitgesaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Andre ·

Dat n boer nou nie eens meer sy eie vrou kan soek nie. Pateties.

Pieter ·

Wanneer kry ons iets soos bankbestuurder soek ‘n vrou of tweedehandse motorverkoopsman soek vrou ?

Smirre ·

Wereldklas snert, en duidelik aangeplak. Dames soos koeie op ‘n skou. Desperate mense lyk my is volop.

Ellisras ·

Ai dou ou suurknolle darm. Almal doen dit vrywillig. Ons ou volkie het darm sy kwota van negatiewe mense.
Daar is niks soos ware liefde

Yankee ·

Ek moet saamstem met al drie of vier comments hierbo. Vaderland, soek jou vrou anders, soos ons almal moes!! Maar TV en speels loop hand aan hand!!!

Smirre ·

Ai ons ou volkie darem met so baie wat vrywillig kyk na snert soos BSNV en in ware “tv liefde” glo. Gelukkig mag hulle daarna kyk dis hul reg net soos dit myne is om te se dis snert. Niks met negatief uit te waai nie. As dit negatief is om snert soos die snert te noem dan is ek negatief en heel ok daarmee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.