Inspirasie vir jou huis!

Die Koninklike Instituut vir Britse Argitekte (Riba) ken elke jaar ʼn toekenning toe vir die Huis van die jaar vir Engeland se beste, mooiste en mees inspirerende nuwe huis.

Grand Designs het in 2015 vir die eerste keer ook dié reis meegemaak en Grand Designs House of the Year is nou op Showmax te sien.

Die gasheer, Kevin McCloud, bied al Grand Designs aan sedert die debuut in 1999. Michelle Ogundehin van Elle-tydskrif en Riba-argitek Zac Monro sluit by Kevin aan om elkeen van die huise te besoek wat vir die toekenning genomineer is. Deur die loop van die reeks vind jy uit watter huise op die kortlys beland en aan die einde van die reeks, wie met die prys sal wegstap.

Jy kan nou al vier episodes van Grand Designs House of the Year op Showmax sien en ʼn kykie kry in ongelooflike moderne ontwerp, argitektuur en ingenieursvernuf.

Soos wat Kevin in episode 1 verduidelik, dis soos die “Baftas van residensiële argitektuur”. As jy op soek is na inspirasie vir jou eie huis, opknappingswerk wil doen of ʼn nuwe huis wil bou, is dié reeks net vir jou.

Kyk nou op Showmax

 

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie reeks is nou beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en in die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?

Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.