Interessante feite oor ‘Diepe Waters’

‘Diepe Waters’ skop 3 Oktober af. (Foto: verskaf)

kykNET se splinternuwe telenovelle, Diepe Waters, skop vanaand (3 Oktober) om 18:30 af en beloof om kykers voor die kassie vasgenael te hou.

Hier is tien interessante feite wat jy van dié reeks moet weet voordat jy later jouself op die rusbank tuismaak om daarna te begin kyk:

  1. Die stelle van die reeks is in Kaapstad gebou en na Johannesburg, waar die reeks verfilm word, vervoer. Diepe Waters word in dieselfde ateljee geskiet as dié waarin Egoli destyds verfilm is.
  2. Diepe Waters word nie nét in dié ateljee geskiet nie, talle tonele word in parke, ’n swembad, woonhuise en eetplekke verfilm. Hierdie is een van die merkbare verskille tussen ʼn sepie en ʼn telenovelle, aangesien ʼn sepie slegs van ʼn ateljee gebruik maak.
  3. Al die spelers wat in Diepe Waters swem, moes vir professionele swemafrigting gaan.
  4. Tydens die navorsingstydperk van die reeks is daar verskeie gesprekke met professionele swemmers gevoer. Onder dié swemmers was Kaylene Corbett wat Suid-Afrika by die 2022 Statebondspele verteenwoordig het en ’n brons medalje in die 200 meter-borsslag verower het.
  5. Om in aanmerking vir een van die swemrolle in die reeks te kon kom, moes die akteurs nie net ʼn oudisie aflê nie, maar ook hul swemvernuf ten toon stel. In sekere tonele word daar egter professionele swemmers gebruik om vir die akteurs in te staan.
  6. Die deurlopende kleurskema van Diepe Waters is skakerings van oranje en blou, kleure wat deur die son en see geïnspireer is.
  7. Die swartmarlyn is die vinnigste vis en is dus gepas om as naam van die swemklub, Die Swartmarlyne, in Diepe Waters te dien.
  8. Diepe Waters se span werk ses dae per week om te verseker dat daar van 3 Oktober ʼn nuwe episode elke Maandag- tot Donderdagaand gereed is.
  9. Die titel van die telenovelle is afgelei van die gesegde “stille waters, diepe grond, onder draai die duiwel rond”.
  10. Lizz Meiring, wat die rol van Bybie vertolk, se broer Rocco Meiring is ’n bekende swemafrigter. Een van sy swemmers is Tatjana Schoenmaker wat in 2021 ’n goue medalje by die Olimpiese Spele in Japan gewen het.
  • Skakel Maandae tot Donderdae om 18:30 in op kykNET, DStv-kanaal 144, om na Diepe Waters te kyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hannelie ·

Mmmmm wou sê die trapreëling lyk dieselfde as Egoli s’n destyds.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.