Is jy die volgende ‘Koekedoortjie’?

Mari-Louis Guy en Nic van Wyk (Foto: Verskaf)

As jy die klitser laat sing en die oonde laat dreun het kykNET pas goeie nuus aangekondig: Inskrywings vir Koekedoortjie – die soeter weergawe van Kokkedoortjie – het pas geopen.

As jy tussen 9 en 13 jaar oud is staan jy ʼn kans om aan dié reeks deel te neem en moontlik met die louere weg te stap.

Deelnemers gaan tydens dié reeks weer vir Mari-Louis Guy en Nic van Wyk, die beoordelaars, moet beïndruk met hul heel beste gebak.

In dieselfde styl as Kokkedoortjie, moet elke deelnemer ook ’n ma of pa of ʼn ouma of oupa saambring. Dié familielid gaan as chaperone, bak-inspirasie én bakmaat in van die uitdagings dien.

Die deelnemer en sy voog/chaperone moet van 23 September tot 7 Oktober 2017 beskikbaar wees om die reeks in Kaapstad te verfilm. Alle reis- en verblyfkoste sal vereffen word.

Inskrywings kan tot 25 Augustus gedoen word. Oudisies vind plaas in die week van 4 tot 7 September 2017.

Net soos met Kokkedoortjie is daar groot pryse vir die wenner van Koekedoortjie op die spel.

Om in te skryf stuur ’n e-pos na [email protected] of skakel 021 422 3452 vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Charles Rossouw ·

Ek wens Kyknet bring ‘n kos program uit, en via ‘n trouprogram.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.