Die Afrikaanse kletsrymer Jack Parow en sy avontuurlustige pel Hardus van Deventer is van 1 Julie as aanbieders te sien in kykNET se nuwe reisprogram, Dis hoe ons rol.
Parow, wie se regte naam Zander Tyler is, sê dié idee het gekom toe die twee makkers oor ‘n bier in Kaapstad gekuier het.
“Ek en Hardus het een dag bier gaan drink in Claremont iewers by een of ander Engelse bar, en het toe begin praat oor die idee om dalk ’n program aanmekaar te sit,” verduidelik hy. “Nadat ons ’n paar idees rondgegooi het, het ons besluit om in die middel te ontmoet en al die idees saam te gooi in een program.”
Kykers kan glo alles van “reis, kos, braaivleis, kroeë, motorfietse, landskappe en vele meer” van dié soms omstrede sangers in dié programreeks verwag.
Volgens kykNET is dit nie net ʼn reisprogram of ʼn program vir motorfiets-entoesiaste nie. Optredes deur Parow vorm deel van die program, aangesien sy bestuurspan gesê het hy kan die program doen op een voorwaarde: Hy moet ’n konsert in elkeen van die nege provinsies doen. Dertig dae. Nege provinsies. Nege konserte, dís waarna mense kan uitsien.
Van Deventer meen dié program is weer eens ’n bewys van Suid-Afrika se uniekheid. “Die maak van die program het weer vir my gewys dat ons mense die coolste is en hoe baie cool stuff daar is om te doen waaraan ek nog nie eens naastenby aan gedink het nie.”
Kykers kry volgens Parow die geleentheid om “ook vir Zander Tyler, die man agter Jack Parow, te ontmoet: Waarvan hy hou, waarvoor hy bang is en wat hom gelukkig maak”.
Dis hoe ons rol begin op 1 Julie om 21:00.
Gooi bra!!! Ek het my vrou ontmoet op “Jy dink jy’s cooler as ekke” , en dit was die krux van my lewe! Sy is ook nou n fan. Meneer Parow Kom gooi n draai, maak n braai en stamp n draai in Standerton! (P.S. kyk of jy vir Francois Van Coke saam kan bring)
El hoop nie dit gaan ‘n ZEF program soos Zander se alter ego wees nie!!! Afrikaans word reeds so vertrap en bespot.
Ek ken nie vir Zander as mens nie! Maar het geen tyd of respekte vir Jack Parrow nie!!!!