Johann Botha-dokumentêr uitgesaai

Johann Botha. (Foto: Maroela Media)

Johann Botha. (Foto: Reint Dykema)

Johann Botha was ʼn veelsydige Afrikaanse radio- en televisie-aanbieder, sowel as die vervaardiger van verskeie dokumentêre programme.

Botha en ʼn vriend, Werner “Swazi” Perchtold (76), is in Junie 2017 by die Zebra Inn in Jeppestown in Johannesburg doodgeskiet.

kykNET DStv-kanaal 144 saai op Sondag 19 Augustus om 14:30 ʼn dokumentêre program oor Botha uit. Die Johann Botha-dokumentêr is ʼn huldeblyk aan Botha as ’n merkwaardige Suid-Afrikaner, van natuurliefhebber tot musiekghoeroe en tegniese duiker.

Hy het veral bekendheid verwerf vir sy betrokkenheid by die omgewingsbewustheidsprogram 50/50, en later jare as aanbieder van kykNET se natuurprogram Projek Aardwolf. Hy is beskou as een van die beste Afrikaanse radio-aanbieders van sy geslag en was by geleentheid ook rugby- en krieketkommentator.

Botha was ook sedert die begin van 2017 die aanbieder van Pretoria FM se gewilde Sondagaandprogram Nagmusiek en was ook betrokke by produksies vir M-Net se program Carte Blanche.

“Johann se dood is ʼn reuseverlies vir die land, die media en die mense van Suid-Afrika,” het Willie Spies, besturende direkteur van Pretoria FM, vroeër aan Maroela Media gesê. “Sy dood onderstreep weer eens die vlaag van gewelddadige misdaad en rampokkery wat Suid-Afrika tans gevange hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Rupert Ashford ·

Groot hartseer. Dink nou terug aan die tyd toe hy “Dis Opera” op RSG uitgesaai het en toe “Kommentaar” deur Niekie en sy mense uitgesaai was. Dit het darem gemors met mens se Sondagaand vrytyd…?

Albaster ·

Sy dood is ‘n nasionale tragedie. Hy het so baie gedoen vir die SA gemeenskap as geheel en was een van die mees veelsydigste mense wat die land nog gesien het.

Elmarie Boshoff ·

Op skool reeds was hy ‘n karnallie. It was in ons mateiekjaar deel van TRUK se opera koor wat AIDA opgevoer het. Hy het agter my in die Duitse klas gesit en ons het menige dag in of net voor die periode huiswerk “uitgeruil”. Hy was toe reeds aardswys en het toe reeds die mooi en rustige stem en manier van praat gehad.

Melanie Botha ·

The tragic death of this amazing human being was a huge loss to us all and unimaginably so to his family and friends. Johann was a gifted genius with an unmatched charisma. He was fearless & courageous and would venture where angels feared to tread in search of truth. He was a passionate man and a South African legend, who lived life to the hilt, no half measures. It’s so wonderful that he is being acknowledged in this documentary. We hope it does him justice. He will always be loved and sadly missed. Well done to all involved.

Anelle Minnaar ·

Ek onthou nog vaagweg dat hy jare gelede Zimbabwe toe is, en terug moes vlug oor die grens,of hy het net net oorgekom. Hy het ook ‘n blanke boer besoek, wat gese het hy gaan uithou tot die bittere einde. Kan iemand vir my meer van die voorval vertel, groot seblief

pieter ·

Ek weet te min van die TV wereld maar waarom word dit nie op Kanaal 145 uitgesaai waar die meeste van ons dit kan sien nie?

Henry ·

Een van die heel grootste, begaafste en beskaafste persoonlikhede met sommer nog ‘n hele spul ander bates /kenmerke, wat ons oor ‘n te kort tydperk leer ken het.
Weet nou nog nie of sy kennis en liefde vir die natuur, of sy musiekkennis die grootste indruk op my gemaak het nie.
Weet egter dat hy sy vaardighede en kundigheid met die nederigheid wat alle ware meesters kenmerk, aangebied het.
Sy ontydige dood, soos talle ander s’n wat daagliks die onverdiende hoogste prys moet betaal, is tiperend van ‘n droewe land wat hand oor hand verval.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.