Juanita, Zoid in Augustus op kykNET NOU!

Karen Zoid fotoVrouemaand is om die draai en die Afrikaanse kanaal kykNET NOU! vier dit vanjaar met ʼn rits spesiale aanbiedinge deur toonaangewende vroue in die musiekwêreld.

Karen Zoid en Francois van Coke: Toe vind ek jou

Vrydag 3 Augustus om 21:00

Karen Zoid en Francois van Coke se liedjie “Toe vind ek jou” was ʼn oornagsensasie. Hierdie uitsonderlike vertoning is volgepak met die aangrypendste rock ’n’ roll-oomblikke tussen twee van Suid-Afrika se grootste rock-legendes. Dit is ʼn fees van musiek met kragtige ballades, rock ’n’ roll-melodieë en emosie-belaaide liedjies. Henry Steel, Jedd Kossew, Schalk van der Merwe en Tim Rankin maak ook deel van die vertoning uit.

Celtic Woman: Homecoming

Vrydag 10 Augustus om 21:00

Celtic Woman, met Susan McFadden, Mairéad Carlin, Éabha McMahon en Tara McNeill, vier die tydlose emosie van Ierse erfenis deur die land se beste musikale talent met ʼn ongelooflike verhoogproduksie te kombineer vir ʼn unieke musiekervaring. Hul musiek is beide tradisioneel en kontemporêr en die groep het al voor meer as vier miljoen mense in meer as 23 lande opgetree.

Karen Zoid – Op die Oomblik – Deel Een

Vrydag 17 Augustus om 21:00

Karen Zoid se super-gelaaide rock-energie en haar vermoë om ook onvoorspelbare en soms selfs die mooiste delikate liedjies te skryf, raak al vir jare aan televisie- en konsertgehore se harte. Haar kragtige ballades en diep, sielvolle komposisies vorm die klankbaan van hierdie visuele album.

Juanita tydens ‘n Krone-konsert (Foto: Facebook)

Musiekfeesreeks – Juanita du Plessis

Vrydag 24 Augustus om 21:00

Hierdie program is ʼn uitsending van ʼn opname van Juanita se treffers van 1998 tot 2008 by Carnival Big Top Arena. Sy voer gunstelinge soos “Patayo”, “Lepellê”, “Ska-Rumba” en ʼn skatkis vol meer uit.

Musiekfeesreeks – Theuns en Juanita

Vrydag 31 Augustus om 21:00

Theuns Jordaan en Juanita du Plessis – twee legendes, een verhoog en ʼn onvergeetlike vertoning. Die Bring jou hart-DVD.

Skakel in op kykNET NOU! DStv-kanaal 146.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.