Julie gaan groot wees op ShowMax

[promosie-artikel]

Aandag alle Suid-Afrikaners in die buiteland! Al gehoor van ShowMax? Dit gons letterlik van hier tot in Brisbane, Calgary en Londen oor die epiese dramas, films, sepies, nuus en nog meer wat ShowMax aan alle Saffas bied. Dit als in ons eie, geliefde Afrikaans.

In Julie kan jy regskuif vir ʼn golf van vermaak met nuwe reekse en rolprente op ShowMax!

kykNET Internasionaal op ShowMax sal sorg dat jy beste vriende raak met Jack Parow, leer branderplank ry terwyl jy weer in liefde begin glo, noot hou saam met Bobby van Jaarsveld en die pad vat op die warmste wiele.

Dis alles moontlik vir intekenaars op kykNET Internasionaal op ShowMax teen ’n spotgoedkoop 8,99 Amerikaanse dollar per maand. Gebruik jou kredietkaart of PayPal om te registreer. Dus, teken nou in op ShowMax!

Gryp dus die springmielies of NikNaks en sit terug vir die reekse en prente waarna jy in Julie kan uitsien:

https://www.youtube.com/watch?v=yYs1BBIgnKI

showmax-Dis-Hoe-Ons-Rol

Dis hoe ons rol met Jack Parow
Jack Parow en sy boesemvriend Hardus van Deventer het Suid-Afrika op Harleys deurkruis en langs die pad uitgehang met cool Suid-Afrikaners, groot avonture gehad en, natuurlik, konsert gehou.

showmax-Vlerksleep

Vlerksleep
Die werklikheid van vlerksleep by ’n potensiële pasmaat se vriende en familie word hier vasgevang – en met vier vermenigvuldig. Sal die enkellopendes by een van die vier potensiële pasmaats ware liefde vind? Kyk en vind uit!

showmax-Hotel

Hotel
As jy van The Office en Parks and Recreation hou, maak seker dat jy inboek by Hotel, die nuwe mokumentêre reeks (iewers tussen “mock” en “documentary”) waarin van SA se beste jong komediante en akteurs probeer om ’n sukkelende hotel van ondergang te red.

showmax-Oppiestoep

Oppiestoep
As jy stout is vir ’n stukkie storie, kom sit saam Oppiestoep – storievertellers kom gesels met die aanbieders Pietman Geldenhuys en Andries Vermeulen en deel staaltjies wat jou lekker gaan laat lag.

showmax-Jan-Braai

Jan Braai vir erfenis (Nuwe seisoen)
Moenie alleen braai as jy saam met Jan Braai kan braai nie! Suid-Afrika se bekendste braaier gooi weer lekker goedjies op die kole. Braai saam vir jou Suid-Afrikaanse erfenis.

showmax-Groen

Groen: Namibië
Ontdek die natuurskoon van Namibië saam met die natuurliefhebbers Rudie en Marlice van Vuuren van die Naankuse Wildlife Sanctuary.

showmax-As-Jy-Sing

As jy sing (fliek)
Bobby van Jaarsveld en Leah laat die lekkerste Afrikaanse liedjies leef in dié musiekspel waarin Naas Botha ook ’n verskyning maak.

showmax-Die-Pro

Die Pro (fliek)
Groot vriendskap, groot pyn en groot branders wat alles beter maak. Verloor jouself vir ’n uur of wat in Jeffreysbaai en surf jou sorge weg.

showmax-Lat-Wiel

L’at wiel
Agter die stuur van alledaagse rygoed, sportmotors wat net vir rykes en beroemdes beskore is en die beste bakkies op die pad. Klim in vir ’n mal rit en L’at wiel.

Artikel verskaf deur ShowMax

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.