Showmax-intekenaars sal hierdie naweek die wedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks regstreeks aanlyn kan kyk wanneer dié twee spanne mekaar die stryd aansê in Wellington.
Net ná hul oorwinning oor die Wallabies op Ellispark die afgelope naweek, skop hierdie wedstryd Saterdagoggend, 27 Julie, om 09:35 af.
Die laaste keer wat die Bokke by die Westpac-stadion gespeel het, in 2018, het hulle Nieu-Seeland met 36-34 geklop en hulle is vol verwagting om weer kampioen te kraai, omdat dit ʼn groot hupstoot sal wees voor die Wêreldbeker later vanjaar in Japan. Die Springbokke sal in die groepfase teen die All Blacks moet uitspeel.
Ondersteuners kan dit beslis nie bekostig om ʼn enkele wedstryd mis te loop nie – tydens vanjaar se verkorte rugbykampioenskap kom die vier topspanne uit die suidelike halfrond slegs een keer teen mekaar te staan in plaas van twee keer, in slegs drie rondes.
Kyk die aksie aanlyn
Selfs al is jy nie by die huis nie, is daar geen verskoning om enige van die aksie mis te loop nie! Showmax het ʼn paar regstreekse sportgeleenthede uitgekies wat hy onlangs by sy inhoud bygevoeg het. Jy kan die wedstryd dus Saterdagoggend om 09:35 aanlyn kyk.
Die wedstryd word ook op SuperSport op DStv Now uitgesaai – dit is gratis beskikbaar vir DStv-intekenaars.
Hoe kry jy Showmax?
- Teken in vir ʼn gratis proeftydperk
- Voeg dit gratis by jou DStv Premium-rekening
- Voeg dit by jou DStv Compact en Compact Plus-rekening vir slegs R49
Die Showmax- en DStv Now-apps is nou beskikbaar vir slimfone en tabletrekenaars. Jy kan dit ook in jou webblaaier of op die DStv Explora kyk. Klik hier om te sien watter sportgeleenthede op Showmax beskikbaar is.