Kan jy Sara se geheim hou?

Hulle sê drie mense kan ’n geheim hou as twee dood is, maar Sara se geheim is anders: sy is ’n ma wat ’n geheim moet hou om haar seun se lewe te red – al skeur dit ook haar familie uit mekaar.

June van Merch vertolk die rol van Sara, die sentrale karakter in hierdie drama wat oor 26 episodes strek. Drie verskillende families se lewens word deur haar geheim saamgebind: Die Cloetes, die Kiewietse en die Vermeulens.

Die storie begin in die 1980’s, wanneer Sara se seun Johnny tydens die politieke onluste deur ’n polisievangwa opgetel word. Hy word egter vrygelaat vanweë sy ligte vel, maar Sara weet dit sal nie lank wees voordat sy makkers vir die polisie vertel dat hy hulle leier is nie, en dan is daar groot moeilikheid. Sara moet ’n plan maak – maar haar uiteindelike besluit het verreikende gevolge.

Sara se geheim, ‘n kykNET-produksie, spog met ’n uitmuntende rolverdeling en ’n topklas skryfspan, so verwag ’n storie wat jou vasgenael gaan hou.

Vanaf 12 April is Sara se Geheim vir die eerste keer op ShowMax beskikbaar. Indien jy nog nie vir ShowMax ingeteken het nie, probeer die gratis 14 dae-proeflopie vir duisende ure se topklas vermaak op jou rekenaar, slimfoon, slim TV of tablet.

*Let daarop dat hierdie reeks op 12 April aanvanklik net vir Showmax-kykers in die buiteland beskikbaar gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.