Karen Zoid kraai koning met Tempo-benoemings

Karen Zoid en Francois van Coke (Foto: Facebook)

Karen Zoid en Francois van Coke (Foto: Facebook)

Die nominasies vir die jongste Huisgenoot Tempo-toekennings is Vrydag bekendgemaak.

Dié pryse word jaarliks uitgedeel aan kunstenaars wat gesorg het vir die grootste vermaakhoogtepunte die afgelope jaar.

Karen Zoid, wat vir vier Tempo-toekennings benoem is, en Francois van Coke, wat vir drie benoem is, staan bo-aan dié lys vir die gewilde trefferlied “Toe vind ek jou” en die Republiek van Zoid Afrika wat kykers al vir meer as drie reekse vasgenael voor die kassie hou.

Kunstenaars soos Elvis Blue en Bok van Blerk het ook albei drie nominasies ontvang.

Jy kan tot 6 Julie om 12:00 om op Huisgenoot se webwerf vir die benoemdes stem om te verseker dat jou gunstelinge huis toe gaan met die prys.

Die pryse word op 12 Julie om 17:00 by Emperors Palace oorhandig. Jy kan dié geleentheid bywoon. Kaartjies kos R150. Bespreek deur ʼn e-pos te stuur na [email protected].

Hier volg die benoemdes:

Nuweling van die jaar

  • André Venter – Die man vir jou
  • Brendan Peyper – Stop, wag, bly nog ’n bietjie
  • Francois van Coke – Francois van Coke
  • Joe Foster – Hartklank
  • Leah – Wonderwerk
  • Len Muller – Doodgewone avontuur

Gospelalbum van die jaar

  • Anneli van Rooyen – Nogtans sal ek sing
  • Dewald Gouws – Die tyd is nou
  • Manie Jackson – Dankie Heer
  • Manne Wat Glo – Manne wat glo 2
  • Retief Burger – Nou en vir altyd
  • Rudi Muller – Loflied Vol. 1

Kontemporêre album van die jaar

  • Andriëtte – Pêrel vir ’n kroon
  • Bok van Blerk – Sing Afrikaner sing
  • Elvis Blue – Êrens in die middel van nêrens
  • Jannie & Corlea – Alle paaie lei na Rome
  • Karen Zoid – Republiek van Zoid Afrika Vol. 2
  • Koos van der Merwe – Tamboerynman

Pop/Sokkie-album van die jaar

  • Ampie – Geheim
  • Andries Vermeulen – Kô lag ’n bietjie
  • Cordelia – Breek die stilte
  • Jay & Lianie – Vir liefde
  • Juanita du Plessis – Toe staan die wêreld stil
  • Ray Dylan – Reg hier in die middel

Musiekvideo van die jaar

  • Andriëtte – Pêrel vir ’n kroon
  • Bobby van Jaarsveld – Beter helfte
  • Bok van Blerk – Sing Afrikaner sing
  • Brendan Peyper – Stop, wag, bly nog ’n bietjie
  • Elvis Blue – Die hemel
  • Francois van Coke & Karen Zoid – Toe vind ek jou
  • Karlien van Jaarsveld – Geskeurde jeans
  • Kurt Darren – Ek wens vir jou
  • Leah – Met jou klere aan
  • Nádine – Tyd

Liedjie van die jaar

  • Andriëtte – “Pêrel vir ’n kroon”
  • Bobby van Jaarsveld – “Middernag serenade”
  • Bok van Blerk – “Sing Afrikaner sing”
  • Brendan Peyper – “Stop, wag, bly nog ’n bietjie”
  • Elvis Blue – “Die hemel”
  • Francois van Coke & Karen Zoid – “Toe vind ek jou”
  • Joe Foster – “Mona Lisa”
  • Juanita du Plessis – “Lief vir jou”
  • Leah – “Met jou klere aan”
  • Ray Dylan – “Ek sal jou moet laat gaan”

TV-reeks van die jaar: Aktualiteit, Werklikheid, Speletjies

  • Boer soek ’n vrou
  • Kom ons braai
  • Mooiloop!
  • Musiek roulette
  • Op pad met Dana
  • Republiek van Zoid Afrika

TV-aanbieder van die jaar

  • Amor Vittone – Skoonma-se-tong
  • Emo Adams – Jou show
  • Hannes van Wyk – Kwêla
  • Karen Zoid – Republiek van Zoid Afrika
  • Nádine – Musiek roulette
  • Schalk Bezuidenhout – Die kliek

TV-reeks van die jaar: Drama, Sitkom

  • Bloedbroers
  • Buurtwag
  • Die boekklub
  • Getroud met rugby
  • Sterlopers
  • Terug na Egipte

Akteur van die jaar: Drama, sitkom

  • Adrian Alper – Die munisipaliteit van Gwarra Gwarra, Sterlopers, Terug na Egipte
  • Albert Maritz – Buurtwag
  • Armand Aucamp – Die boekklub
  • Chris van Niekerk – Die boekklub, Terug na Egipte
  • Frank Opperman – Terug na Egipte
  • Hykie Berg – Bloedbroers

Aktrise van die jaar: Drama, sitkom

  • Christia Visser – Die boekklub
  • Franci Swanepoel – Bloedbroers, Getroud met rugby, Sterlopers
  • Jenna Dunster – Bloedbroers, Sterlopers
  • June van Merch – Die boekklub
  • Marion Holm – Terug na Egipte
  • Rolanda Marais – Terug na Egipte, Bloedbroers

Sepie van die jaar

  • 7de Laan
  • Binnelanders
  • Suidooster
  • Villa Rosa

Sepie-akteur van die jaar

  • Danny Ross – Suidooster
  • Hans Strydom – Binnelanders
  • Stefan Ludik – Binnelanders
  • Theodore Jantjies – 7de Laan
  • Werner Coetser – 7de Laan
  • Wilhelm van der Walt – 7de Laan

Sepie-aktrise van die jaar

  • Diaan Lawrenson – 7de Laan
  • Hildegardt Whites – 7de Laan
  • Jill Levenberg – Suidooster
  • Jo da Silva – 7de Laan
  • Leandie du Randt – Binnelanders
  • Nadia Valvekens – Binnelanders

Rolprent van die jaar

  • Dis ek, Anna
  • Hollywood in my huis
  • ’n Pawpaw vir my darling
  • Strikdas
  • Treurgrond
  • Vir altyd

Akteur van die jaar: Rolprent

  • Edwin van der Walt – Hollywood in my huis
  • Ivan Botha – Vir altyd
  • Jacques Bessenger – Sink
  • Kaz McFadden – ’n Pawpaw vir my darling, Strikdas
  • Morné Visser – Dis ek, Anna
  • Neels van Jaarsveld – ’n Man soos my pa

Aktrise van die jaar: Rolprent

  • Anel Alexander – Sink
  • Brümilda van Rensburg – ’n Pawpaw vir my darling
  • Charlenè Brouwer – Dis ek, Anna
  • Christia Visser – Hollywood in my huis
  • Donnalee Roberts – Vir altyd
  • Shoki Mokgapa – Sink

Radio-aanbieder van die jaar

  • Amore Bekker – RSG
  • Derrich Gardner – RSG
  • Lynette Francis – RSG
  • Martin Bester – Jacaranda FM
  • Rian van Heerden – Jacaranda FM
  • Willem Pelser – RSG

Leesboek van die jaar

  • Celesté Fritze – Verlorenkop
  • Chris Karsten – Die verdwyning van Billy Katz
  • Debbie Loots – Split
  • Irma Joubert – Immer Wes
  • Irma Venter – Skarlaken
  • Lien Botha – Wonderboom

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Francie ·

Vermaak hoogtepunte kan gerus ook ons parlementslede, Malema en die EFF asook ons geliefde president insluit ? Met spesiale verwysing na die parlementsopening natuurlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.