Kenners sê hoekom ware misdaad kykers só aangryp

“Ware misdaad” is ʼn verslawende genre vir miljoene persone wêreldwyd, maar waarom sit ons só vasgenael voor stories oor ware misdaad, en wat sê dit van ons?

Volgens psigiater dr Sharon Packer, speel schadenfreude (leedvermaak) ʼn groot rol in mense se obsessie met misdaadprogramme. “Dis ʼn Duitse woord wat Freud en Duitssprekende psigoanaliste gebruik het om die neiging te beskryf wanneer mense hulself in ander se probleme en lyding verlustig. Dis nie regtig sadisties nie, maar as iets sleg moet gebeur – laat dit dan eerder met iemand anders gebeur,” verduidelik Packer.

“Daar is iets anders wat bietjie donkerder is, iets wat mense nie wil aanvaar nie, maar daar is ʼn tipe verligting dat jy nie die een was wat dit gedoen het nie,” het sy in die onderhoud met Decider.com gesê.

Meeste waremisdaadprogramme handel ook oor moord, en as dit ʼn reeksmoordenaar is, dan is dit vir kykers selfs nog beter.

Kriminoloog Scott Bonn het aan Psychology Today gesê: “My navorsing het bepaal dat die publiek se fassinasie met reeksmoordenaars op televisie veelsydig en ingewikkeld is. Reeksmoordenaars lok mense se aandag soos verkeersongelukke, treinongelukke of natuurlike rampe. Die publiek se fassinasie daarmee kom te voorskyn in die algemene fiksasie op geweld en rampe. Met ander woorde, die optrede van ʼn reeksmoordenaar is verskriklik om te sien, maar net so kan die publiek eenvoudig nie wegkyk nie, as gevolg van die skouspelagtigheid daarvan.”

Talle misdaadprogramme is ook op ware gebeure gebaseer, en dit gryp kykers selfs nog verder aan om te dink dié ongelooflike storie het regtig gebeur.

Sensasionele en ongelooflike misdade word wêreldwyd gepleeg – net soos in Suid-Afrika. Die volgende waremisdaad-dokumentêre is nou op Showmax te sien en alles word gedek, van kannibalisme tot terreurmisdade.

Jinx: The Life & Deaths Of Robert Durst

Robert Durst het alles gehad – rykdom, roem en sukses. Hy was ʼn magnaat met meer as US$100 miljoen, maar sy verlede het ʼn donker geheim versteek. Durst is in 2015 in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn vriend in 2000. Hy is ook in hegtenis geneem, maar vrygespreek, in verband met ʼn moord in 2001 op sy buurman. Sy vrou het boonop ook in 1982 verdwyn. Wat is die storie agter dié vreemde onopgeloste misdade? Is Durst skuldig? Dié HBO-dokumentêr stel ondersoek in met nuwe onderhoude en bewyse.
Kyk dit nou »

Thought Crimes: The Case Of The Cannibal Cop

Dié dokumentêr sal jou jou eie gedragskode in twyfel laat trek. Gilberto Valle, voormalige beampte van die polisie in New York, is skuldig bevind op aanklag dat hy saamgesweer het om vroue te ontvoer en te eet. Hy het nooit self die misdade gepleeg waarvan hy aangekla is nie en hy het nooit sy fantasieë (wat op ʼn webwerf neergepen is) uitgeleef nie, maar die jurie het hom steeds skuldig bevind. Dié dokumentêr wys vir die eerste keer onderhoude met Valle se familie en vriende en gesprekke met misdaadkenners, prokureurs en sielkundiges.
Kyk dit nou »

Captivated: The Trials Of Pamela Smart

Die eerste hofsaak wat regstreeks uitgesaai is. Kyk hoe ʼn moord in New England een van die grootste sake ooit in die geskiedenis geword het – gevul met seks, dwelmmiddels, verraad en moord. Die dokumentêr ondersoek wat in dié hoëprofielsaak in die 1990’s gebeur het met Pamela Smart, die vrou wat tienerseuns verlei het.
Kyk dit nou »

We Steal Secrets: The Story Of WikiLeaks

Dit is ʼn omstrede dokumentêr oor die Australiese kuberkraker Julian Assange, stigter van die fluitjieblaser-webwerf Wikileaks in 2006. Dit het aanvanklik as ʼn goeie, edele saak begin, maar dié dokumentêr wys hoe die fenomeen van WikiLeaks tot verwoestende gevolge gelei het vir fluitjieblasers, insluitend voormalige Amerikaanse soldaat Chelsea Manning, een owerhede wie se geheime nou in die openbaar beskikbaar is.
Kyk dit nou »

Stealing Sunflowers

Twee mans het na bewering op 20 April 2017 die 16-jarige Matlhomolo Moshoeu gevang nadat hy sonneblomme op ʼn plaas gesteel het. Hulle beweer hy het, op pad na die polisiestasie, van die bewegende bakkie afgespring en sy nek gebreek. ʼn Ooggetuie beweer Malthomola is gestamp. Op daardie dag het alles in die klein dorpie Coligny in Suid-Afrika verander. Hier is daardie storie.
Kyk dit nou »

Angels of Death

Die skare het buite die klein dorpie Ngcobo gejuig toe die liggame van sewe mans in ʼn lykswa by Mancoba Seven Angels Ministry gelaai is. Meer as 100 meisies is as seksslawe by die kerk aangehou. Vind uit wat regtig gebeur het in die gruwelike storie oor die “Angels of Death”.
Kyk dit nou »

Crimes Uncovered SA

Die dokumentêr ondersoek die skokkendste misdade wat Suid-Afrikaanse gemeenskappe teister. Dit is baie emosioneel en gee vir jou ʼn kykie na hoe misdaad mense kan traumatiseer. Die betrokke misdadigers is gelukkig almal suksesvol vervolg.
Kyk dit nou »

 

Dol oor dokumentêre? Kyk watter niefiksie-programme nou op Showmax te sien is: showmax.com.

DStv Premium-klënte kyk Showmax gratis, DStv Compact en Compact-intekenare betaal slegs R49 vir Showmax. Daar is ook ʼn 14 dae gratis proeftydperk vir nuwe intekenare.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.