‘Koekedoortjie’-finaliste aangewys

Wicus van Deventer van Prieska (Foto: Verskaf)

ʼn Plaasjapie en ʼn stadsmeisie gaan mekaar volgende week die stryd aansê om die gesogte kroon van kykNET se Koekedoortjie-werklikheidsreeks huis toe te neem.

Die 12-jarige Wicus van Deventer van Prieska in die Noord-Kaap en Nix Korff (13) van Centurion in Gauteng gaan op 27 Junie vir die laaste episode van dié reeks hul beste voetjie voorsit om die beoordelaars Nic van Wyk en Mari-Louis Guy te beïndruk.

Die 13-jarige Danika Botes van Roodepoort is tydens Woensdagaand se voorlaaste episode die trekpas gegee. Die tema vir die episode was “popsterre” en die drie bakkers moes talle gebakte lekkernye, wat deur dié tema geïnspireer is, bak.

Wicus, wat dié uitdaging gewen het, sê hy sou nooit kon raai hoeveel sukses hy in dié reeks gaan behaal nie. “Ek het ook soveel nuwe dinge in Koekedoortjie by Nic en Mari-Louis geleer en ’n klomp nuwe vriende ontmoet,” sê hy. “Maar, ek het veral myself beter leer ken en besef dat mens nooit, maar nooit, mag moed opgee nie.”

Nix sê sy is opgewonde én gereed vir die laaste episode van die reeks – en hou haar duime ook styf vas om as wenner gekroon te word. “Om deur te dring tot die finale episode is ʼn onbeskryflike gevoel – nie eens die HAT kan dit beskryf nie!” sê sy. “Dis die grootste voorreg in my lewe en ek is so bly dat ek tot hier gevorder het.”

Die laaste episode van Koekedoortjie word op 27 Junie om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, gebeeldsaai.

Koekedoortjie is geskiet by Atlantic Studios in Milnerton. Ander reekse soos Suidooster, Kwêla en die nuwe kykNET & kie-reeks, Tussen Ons, word ook daar vervaardig.

Nix Korff (13) van Centurion (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

izette ·

Sterkte vir albei van julle….maar Nix was van die begin af my keuse….

sonja coetzee ·

MAG WICUS VIR NIX N DING OF TWEE WYS!!!!!!IN GISTERAAND SE EPISODE WAS DIT SEKER DAT WICUS GAAN WEN!!!EN NIC HET HOM VERSKEIE KOMPLIMENTE GEGEE WAARVOOR HY HERKING GEKRY HET.WICUS DIE TANNIE IS 1000000000% AGTER JOU JY VERDIEN DIE TITEL~!~!~!STERKTE EN WEET JY GAAN DAAI VERDIENDE 1’STE PRYS INPALM!!!!!!!!GO WICUS!!!!!

NAAMGENOOT ·

Sterkte aan albie, my keuse is Wicus seker oor hy en my man naamgenote is en my man nes hy mal is om te bak en te brou. Geniet die laaste rukkie!!

Nettie ·

WICUS!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Wys daar Niks-meisie wie’s baas! “Drama Queen”, soos jy tydens gisteraand se uitsending gesê het.

A ·

Ek geniet die program verskriklik. Die kinders almal pragtig en so talentvol. Hulle het behoorlik in almal se harte gekruip.
Ek wens die top vyf kon enduit saam bak en brou, punte per sessie kry en daaruit n wenner aanwys. Dit sou soveel meer pret wees en die wenner heelwaarskynlik iemand anders, wie weet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.