‘Koekedoortjie’: Hier is die deelnemers

Groep_Koekedoortjies

Die groep Koekedoortjies. (Foto: Verskaf)

Die deelnemers aan die gewilde koswerklikheidsreeks Koekedoortjie, kykNET se eerste kompetisie spesifiek vir jong bakkers, is Donderdag bekendgemaak.

Die tien Koekedoortjies is tussen tien en 13 jaar oud en hulle is van reg oor Suid-Afrika.

Koekedoortjie is die jongste weergawe van kykNET se koswerklikheidsreekse, waaronder Kokkedoor en Koekedoor ook tel, en hoewel dit dieselfde wenresep volg, is daar darem ook unieke bestanddele.

Aan die stuur van Koekedoortjie is die duo Mari-Louis Guy en Nic van Wyk en dit is húlle wat die deelnemers weekliks moet beïndruk.

kykNET en die program se vervaardigers, Homebrew Films, het in Augustus verlede jaar oudisies reg oor Suid-Afrika gehou en ná ’n keuringsproses is die top-tien uit honderde inskrywings gekies.

Die tien deelnemers is:

  • Anica Scheepers (11) van Centurion
  • Anmi Esbach (11) van Hartbeespoort
  • Carla Botha (13) van De Hoop
  • Danika Botes
(12) van Krugersdorp
  • Nix Korf
(12) van Johannesburg
  • Elsje-Mari Louw (12) van die Paarl
  • Evan Maritz (13) van Pretoria
  • Minay Vermaak (11) van Pretoria
  • Tanique van der Walt (10) van Hermanus
  • Wicus van Deventer (11) van Prieska

kykNET sê ʼn verklaring Koekedoortjie is in dieselfde indrukwekkende ateljee as Kokkedoortjie geskiet. “Dit het wel ’n bietjie van ’n gedaanteverwisseling ondergaan om dit ’n vars, maar steeds herkenbare, voorkoms te gee,” lui die verklaring.

Dié ateljee is by Atlantic Studios in Milnerton, waar gewilde reekse soos Suidooster en Kwêla ook vervaardig word. Koekedoortjie bestaan uit 13 episodes, elk’n halfuur lank. Sanet Olivier wat verantwoordelik is vir Koekedoortjie se susterreekse, is weer die regisseur.

Die eerste episode sal op Woensdag 4 April om 20:00 op kykNET, kanaal 144 op DStv, uitgesaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

izette ·

Dankie tog. Darem n nuwe program om na te kyk.
Splinter nuut, en uit die boks. hahahaha

sonja coetzee ·

SIEN VREESLIK UIT NA DIE NUWE REEKS VAN KOKKEDOORTJIE!!!!!MARI-LOUIS IS SO PRAGTIGE MENSIE!!!HAAR VRIENDLIKHEIS STRAAL TOT IN HAAR OE EN DINK SY’S N FANTASTIESE KOK MAL OOR HAAR EN DIE REEKS!!!!!!!!KAN NIE WAG MIE OM VASGENAEL VOOR DIE KASSIE TE SIT NIE!!!!
DIS GREAT DIE PROGRAM!!!!!STERKTE VIR DIE DEELNEMERS!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.