Kokkedoortjies kóók op Showmax ook

Kokkedoortjie (Foto: Showmax)

In die kombuis bevat die kleinste botteltjies dikwels die bestanddele met die meeste skop – en net so is dit met die deelnemers aan kykNET se nuwe werklikheidsreeks Kokkedoortjie. Hulle is almal tussen 10 en 14 jaar oud, maar die tien kinderkokke wat aan Kokkedoortjie gaan deelneem, sal maklik koekmeel in die oë van meer gesoute kokke skop. Hierdie klein kokkies kan toor met potte en panne, en kan alles van ’n pannekoek tot ’n panna cotta optower sonder om te blik of bloos.

Mari-Louis Guy, bobaas bakker en Koekedoor-beoordelaar, en die sjef Nic van Wyk (van Kokkedoor-faam) gaan die moeilike proewerk doen en uiteindelik die koning of koningin van die kinderkokke kies.

Die reeks speel oor 13 episodes af, en jy kan jou regmaak vir dieselfde hoogdrama waarvoor Kokkedoor en Koekedoor bekend was – maar nou met ʼn ekstra skeppie kostelikheid. Elke Kokkedoortjie het ’n volwassene wat hulle vergesel, maar die groot kook- en bakwerk moet hulle self doen. Jy sal moontlik self ’n paar truuks by die klein kokkies kan leer, en as jy jou kinders wil aanspoor om hulleself handig te maak in die kombuis, is dié program net die ding.

Vanaf 6 April is Kokkedoortjie vir die eerste keer op ShowMax beskikbaar. Indien jy nog nie vir ShowMax ingeteken het nie, probeer die gratis 14 dae-proeflopie vir duisende ure se topklas vermaak op jou rekenaar, slimfoon, slim TV of tablet. Kry ’n voorsmakie van al die heerlike programme wat Showmax opdis.

*Let daarop dat hierdie reeks op 6 April aanvanklik net vir Showmax-kykers in die buiteland beskikbaar gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.