Kom trou saam op Showmax

Teken solank die datum in jou dagboek aan – Tali’s Wedding Diary is van 14 Desember op Showmax te sien!

Dié koggelfliek (mokumentêr) met Julia Anastasopoulos (beter bekend as SuzelleDIY) in die hoofrol, volg ʼn selfbehepte Sandton-prinses (Julia) wat na Kaapstad verhuis het en nou die tyd voor haar troue verfilm. Sy beplan haar troue met die eiendomsagent Darren (Anton Taylor, ster van die gewilde webreeks Jozi Shore en die bekroonde kortfliek Money, Keys, Phone).

“Tali en Suzelle twee heeltemal verskillende karakters,” verduidelik Julia. “Almal is gaande oor Suzelle, maar die kykers gaan daarvan hou om Tali te haat – sy is beslis ʼn bridezilla, wat vasberade is om die perfekte troue te hê – met of sonder haar aanstaande.” Sy sê Suzelle sou van Tali hou, maar Tali sou dink Suzelle is irriterend.

Tali’s Wedding Diary put sy inspirasie uit Julia se troue met die regisseur van SuzelleDIY, Ari Kruger. Hulle gedeelde sin van humor is wat hulle bymekaar gebring het, en hulle het lekker gelag tydens die beplanning van die troue. “Daar is baie komiese materiaal wanneer mens beplan om te trou,” sê Julia. “Mens ontmoet die snaaksste mense en daar is soveel goed dat jy die byna nie kan glo nie! Maar vir een of ander rede het ons nog nooit ʼn parodie in ʼn Suid-Afrikaanse konteks gesien nie.”

Julia en Ari het, sedert SuzelleDIY se eerste video, meer as 80 van dié video’s geskep en dit is gesamentlik reeds meer as 23 miljoen keer gekyk. Hulle het meer as 2,5 miljoen persone geleer hoe om ʼn bankie te bou, en nog ʼn miljoen mense oor hoe om ʼn braaipastei te maak. Kruger het ook die regie behartig van twee Vimeo-kortflieks, Jakkals13 en Focus.

Tali’s Wedding Diary het ʼn sterbelaaide rolverdeling, insluitend Lara Lipschitz (wat sopas die toekenning vir beste aktrise gewen het by die NYC Web Fest vir haar reeks Chin-Up); Glen Biderman-Pam (drie keer genomineer vir die Savannah Comics Choice); Kate Normington (Fleur du Cap- beste aktrise en 2017 Safta-genomineerde vir Those Who Can’t); en Guy de Lancey (twee Fleur du Cap-pryse vir The Pervert Laura). Kyk ook uit vir kleiner rolle met Lorna Maseko (aanbieder van Top Billing); Nic Smal (van Derick Watts and the Sunday Blues); Nicci Saint Bruce (Push Push); lede van die musiekgroep Al Bairre en natuurlik Gina Collins (Marianne in SuzelleDIY).

Tali’s Wedding Diary is ʼn debuut van Showmax Original, en bou voort op die sukses van vanjaar se bekroonde samewerkings iNumber Number met Mzansi Magic en Waterfront met kykNET.

“Dis ongetwyfeld só dat daar ʼn groot aanvraag is na plaaslike inhoud,” verduidelik Chris Savides, hoof van Showmax Africa. “Toe Julia en Ari ons genader het, was ons dol daaroor dat hulle nie net ʼn Hollywood-program gespoeg-en-plak het in ʼn Suid-Afrikaanse konteks nie, maar dit is egte karakters uit Sandton en Seepunt. Ons beplan om steeds vir ons kykers die beste internasionale programme te bring, maar om terselfdertyd ook iets te bied wat niemand anders het nie – egte plaaslike programme soos Tali’s Wedding Diary – wat spesiaal vir hulle geskep is.”

Ari meen dis soos ʼn droom wat waar geword het om saam met Showmax te kon werk. “Hulle het vir ons die kreatiewe beheer gegee – wat byna ongehoord is. Ek dink ons het alles gekry wat ons wou hê: ons hoef nie enigiets prys te gee wat ons graag wou hê nie. Dit is ʼn baie lekker plek om te wees.”

Tali’s Wedding Diary (agt episodes) is van 14 Desember 2017 op Showmax te sien vir kykers in Suid-Afrika en in die buiteland.

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Tali’s Wedding Diary is vanaf 14 Desember 2017 beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.